Volhoubare Diëte en Voedselstelsels

 

Oorsig

Die voedingsoorgang in Suid-Afrika is meer ooglopend as ooit tevore en ’n fokus op gesonde diëte vanuit ’n volhoubare voedselstelsel is onontbeerlik. Hoë vlakke voedselonsekerheid en onder- en wanvoeding gaan hand-aan-hand met toenemende vetsug en verwante siektes. Dit plaas druk op die land se openbare gesondheidstelsel. Terselfdertyd genereer hoogs geïndustrialiseerde en gekommersialiseerde voedselstelsels groot hoeveelhede kweekhuis gas-emissies wat ekosisteme verander, met ’n verlies aan biodiversiteit, ontbossing, gronderosie, chemiese besmetting en watertekorte as die gevolge.

Die navorsingsfokus op volhoubare diëte en voedselsisteme sluit multi-, inter-, en transdissiplinêre benaderings oor verskillende dissiplines heen in. Dissiplines sluit in voeding, openbare gesondheid, landbou, ekonomie, omgewingswetenskappe, verbruikerswetenskappe, sosiologie en regte. Die sleutel navorsingsareas is:

 

   Voedselstelsels l Volhoubare diëte l Voedselomgewings l Landbou-voeding skakeling l Volhoubare voedsel & voedingsekuriteit l Plaaslike kosse l Tradisionele & inheemse kosse

 

Die span

Dr Nicole Claasen – Leier van die navorsingsarea

Dr Kylah Forbes-Biggs – Post-doktorale genoot

Me Mildred Thomas – Projekassistent

 

Huidige navorsingsprojekte

Volhoubare diëte, plaaslike voedselsisteme en landelike ontwikkeling in Suid-Afrika – ’n Gevallestudie van Vaalharts (Hoofnavorser: Dr Nicole Claasen, Samewerkers: Prof Mieke Faber, MNR Suid-Afrika; Dr Marinka van der Hoeven, Vrije Universiteit Amsterdam, Nederland).

Voedselomgewings en sosio-ekonomiese en voedingsindikators onder mense in Potchefstroom, Suid-Afrika (Hoofnavorser: Dr Nicole Claasen, Samewerkers: Prof Cornelie Nienaber-Roussow, CEN, NWU).

 

Persverklarings

Claasen, N. & Thomas, M. 2018. SABC news.

 

Studeer by ons

Wanneer u inskryf vir ’n MHSc in Transdissiplinêre Gesondheidsbevordering of vir ’n PhD in Transdissiplinêre Gesondheidswetenskappe, sal u kan fokus op volhoubare diëte en voedingstelsels. Daar is ’n verskeidenheid navorsingsonderwerpe om van te kies, of ons kan u ondersteun om u eie idees tot uitvoer te bring.

 

Addisionele hulpbronne & -skakels (Klik hier)

 

Vir verdere inligting kontak Dr Nicole Claasen.