Tuis

Oorsig

Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg (NuMIQ) is ’n navorsingsfokusarea van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.

Daar is wêreldwye kommer oor die gehalte van verpleging en vroedvrousorg, sowel as die werksomgewing van die verpleegster.

NuMIQ het gesien watter hoë waarde geheg word aan die ontwikkeling van 'n bevoegde verpleegkundige arbeidsmag en die uitwerking daarvan op die praktyk, en het gevolglik besluit om navorsing te fokus op verwante temas wat daarop gemik is om die gehalte van verpleging en vroedvrousorg te verbeter deur navorsing oor uitnemendheid in onderrig-leer, kliniese praktyk, gemeenskapsverbintenis, innovasie en leierskap.

Ons het verder gesien dat die oordrag van navorsingsbevindinge na die praktyk baie sal bydra tot die belyning van aktiwiteite in navorsing en praktyk om sodoende gehalte te verbeter.

Die navorsingsfokusarea Kwaliteit in Verpleging en Vroedvrousorg (NuMIQ) is amptelik op 1 Januarie 2013 gestig en het op 1 April 2013 met bedrywighede begin toe Prof CS Minnie as direkteur aangewys is.

 

 

 

Health update-onderhoud (November 2016):

Deur Prof Welma Lubbe