Die IBK verskaf die volle spektrum van Biokinetika aan die publiek, personeel en studente. Die diens word deur gekwalifiseerde Biokinetikuste verskaf wat besig is met hulle internskap jaar. Biokinetika speel ‘n belangrike rol in gesondheidsbevordering (deur gereelde oefeninge voor te skryf) en siekte voorkoming (deur gereelde gesondheidsmonitering)

Ons is opgelei om met die gebruik van wetenskaplik-gebaseerde oefeninge en fisiese programme pasiënte the help met die volgende:

  • Die verbetering in fisiese welstand en gesondheid en lewenskwaliteit
  • Die verlaging in risiko ontwikkeling en/of bestuur van nie-oordraagbare siektes en kroniese siektes van leefstyl
  • Te help met die voorkoming van sport beserings en monitering van spier wanbalanse
  • Help pasiënte herstel tot optimale funksionering na besering, sjirurgie en siekte.
  • Kardiovaskulêre rehabilitasie