B.Verpleegkunde

 

 

1. Wat is die Baccalaureus in Verpleegkunde keuringsproses?

  • Baccalaureus in Verpleegkunde – 8NE K01 – G401 P/M
  • Vier (4) jaar graad en een (1) jaar gemeenskapdiens.
  • Registreer by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging in Algemene Verpleegkunde & Verloskunde.

Keurings Vereistes:

  • Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitsvrystelling of ooreenkomstig;
  • ʼn APS telling ≥25;
  • Fisiese Wetenskappe of Lewenswetenskappe of Wiskunde op vlak 4 (minimum 50%);
  • Afrikaans of Engels (onderrig taal) op vlak 4 (minimum 50%).

Skool vir Verpleegkunde spesifieke toelatings kriteria:

  • Doen aanlyn aansoek vir toelating tot die NWU met finale graad 11 eksamen uitslae: Sper datum 30 Junie.

Alle voornemende studente moet die volgende stappe volg om in aanmerking te kom vir keuring vir die graad in Verpleegkunde en indiening van die volgende voltooide dokumente na afloop van aanlyn registrasie.

  • Deelname in “skadu program” aanbeveling alvorens toelating tot program: Sper datum 30 Junie. As gevolg van die Covid-19-pandemie, sal aansoekers wat nie die "skadu progam" het nie, ook oorweeg word.
  • Graad 12 Junie eksamen uitslae: Sper datum 2de week in Augustus
  • Universiteits keuring toets vir eerste jaar verpleegstudente: Sal gekommunikeer word.

LET WEL: Indien die Junie graad 12-eksamenpunte nie teen 2de week in Augustus (of so spoedig moontlik daarna sodra die punte bekend is) aangestuur is nie, word aanvaar dat u nie meer belangstel om Verpleegkunde by die NWU te kom studeer nie.

Kontak persone:

Mahikengkampus

Potchefstroomkampus

Tshegofatso Molemane

Bernice Mokele

Epos: 22651306@nwu.ac.za

Epos: Bernice.Mokele@nwu.ac.za

Tel: 018 389 2465

Tel: 018 299 1877

 

2. Vereiste NSS-vakke en keurings proses

Voorlopige keuring van 60 voornemende kandidate per kampus word gedurende die 3de week van Augustus gedoen, waartydens die kandidate se:

  • Graad 12 Junie-eksamenpunte – hoofsaaklik eksamenpunte vir Wiskunde of Fisiese Wetenskap of Lewenskappe asook die APS-telling gebruik word om ʼn kwantitatiewe keuringspunt te bereken.
  • Voortaan word alle kandidate se keuringspunt gerangskik van hoogste tot laagste en die top 80 (+10%) word op die “voorlopige” keuringslys geplaas.
  • Suksesvolle kandidate word in kennis gestel van die uitslag van die keuringsproses via SMS en/of e-pos.
  • Keuring word eers gefinaliseer sodra die finale graad 12 eksamen uitslae (gewoonlik vroeg in Januarie) beskikbaar is.
  • Universiteits keuring toets vir eerste jaar verpleegstudente: Sal gekommunikeer word dmv. SMS en/of epos.
  • 40 ure (1 week) skaduverpleging word aanbeveel as deel van die keuringsproses. 

Laai belangrike dokumente af:

  1. Inligting: Graad in verpleegkunde
  2. Skadu-verplegingversoekbrief
  3. Skadu-verplegingportefeulje
  4. Keuringstoets

3. Onderrigmedium.

Die onderrigtaal vir kontakstudente by die Mahikengkampus vir hierdie kurrikulum is Engels.

Die onderrigtaal vir kontakstudente van hierdie kurrikulum by die Potchefstroomkampus vir hierdie kurrikulum is Afrikaans. Opvoedkundige tolking in Engels maak lesings toeganklik vir studente wat Afrikaans nie voldoende magtig is nie. In sekere modules is die onderrigtaal Engels, en word lesings deur middel van opvoedkundige tolking in Afrikaans toeganklik gemaak.