Kliniese Farmakokinetiese Laboratorium (CPL)

OMTRENT ONS:

Die Kliniese Farmakokinetiese Laboratorium (CPL) is in 1977 gestig en het deel gevorm van die Departement Farmakologie, Skool vir Farmasie by die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.  Tans is CPL ʼn entiteit van die Sentrum vir Farmaseutiese en Biomediese Dienste, wat in vennootskap met die Noordwes-Universiteit is.

CPL se fokus was aanvanklik op die verskaffing van onafhanklike bloedvlak-analises en farmakokinetiese dienste vir anti-epileptiese middels (AED) aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Epilepsieliga (SANEL). Dienste is sedertdien uitgebrei, met CPL wat dien as 'n nasionale platform wat dienste aan nasionale en internasionale kliënte in die private en openbare (staat) sektor verskaf.

CPL spesialiseer in die ontleding van die vlakke van anti-epileptiese middels (AED) in bloed vir terapeutiese middelmoniteringsdoeleindes (TMM), soos dit deur praktisyns geïmplementeer word. ’n Aanvullende farmokinetiese diens kan ook op versoek verskaf word.

MISSIE

Die missie van CPL is om gespesialiseerde TMM-dienste vir anti-epileptiese middels te verskaf ten einde praktisyns te help om, waar nodig, terapeutiese aanpassings te maak.  CPL streef daarna om akkurate en betroubare resultate, in oreenstemmmming met die ISO 17025:2005-standaard, te lewer.

 

KWALITEITSBELEID

CPL onderskryf 'n kwaliteitsbeleid wat deur die ISO 17025:2005-standaard gelei word.  Beide die bestuur en personeel van CPL is daartoe verbind om die kwaliteitsbeleid toe te pas, 'n hoë vlak van gehalte diens aan kliënte te lewer en die voortgesette ontwikkeling en verbetering van dienste toe te pas.

 

DIENSTE

Die volgende middels word gemoniteer en deur TMM-verslagdoening word serum-/plasmamiddelvlakke met die gewenste terapeutiese verwysingsvlakke as maatstaf gerapporteer:

Lamotrogine

  • Oxcarbazepine
  • Clonazepam
  • Phenytoin
  • Carbamazepine
  • Levetiracetam

 

TMM behels die benutting van data oor die serum-/plasmavlak van middels en individuele farmakokinetiese parameters om die dosisaanpassings van middels vir ʼn bepaalde pasiënt te optimaliseer.

TMM kan met die volgende help:

  • Optimalisering van gewenste terapeutiese verwysingsvlakke, wat terapeutiese koste verminder
  • Verlaging van hospitaalkoste
  • Vermindering van nadelige gevolge

Gevalle wat moontlike TMM vereis:

  • Onbeheerbare epileptiese aanvalle
  • Moontlike toksisiteit van terapeutiese middels
  • Verandering in die kinetika van terapeutiese middels weens swangerskap, ander siektes of middelinteraksies.
  • Aanpassing van dosisse