Tuis

OORSIG

Die Sentrum vir Farmaseutiese en Biomediese Dienste (SFBD) is verantwoordelik vir die bestuur van alle farmaseuties- en biomedies-verwante kommersiële dienste in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

Die SFBD is ’n struktuur binne die Fakulteit Gesondheidswetenskappe wat verantwoordelik is vir die bestuur van alle farmaseuties- en biomedies-verwante kommersiële dienste. Die verskillende dienste word as onafhanklike sake-eenhede bestuur en is vir die verkoop van laboratorium-, kliniese, opleidings-, konsultasie- en verwante dienste vir wins aan kliënte verantwoordelik. Alhoewel die SFBD diens-georiënteerd is, word daar gepoog om die farmaseutiese en biomediese behoeftes van nasionale en internasionale gemeenskappe te hanteer. Die SFBD tree ook as ’n voertuig vir die verkryging van eksterne inkomste vir die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en die Noordwes-Universiteit (NWU) op.

Die SFBD het verskeie nasionale en internasionale farmaseutiese maatskappye, die kosmetiekbedryf, verkrygingsorganisasies, regulatoriese owerhede in die medisynebedryf, private mediese praktisyns, patologiepraktyke en die Departement van Gesondheid as kliënte.