Oorsig
Die Instituut vir Biokinetika (IBK) is geleë in Cachet Park binne die Virgin Active gebou. Die Instituut fokus op die opleiding van Biokinetika studente in hulle finale jare van opleiding om ‘n geregistreerde Biokinetikus by die GBRSA te word.
Die primêre funksie van die Instituut is om ʼn omgewing te skep vir werk geïntegreerde leer vir die studente. Die Instituut lewer ook ʼn addisionele diens aan die publiek, NWU-personeel en studente in die veld van voorkomende gesondheid, instandhouding van fisiese vermoëns, finale fase rehabilitasie en voorkoming van sportbeserings.