Oor Ons

 

Welkom by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se Etiekkantoor vir Navosing, Opleiding en Ondersteuning. 

 

Die Etiekkantoor self is tot stand gebring in 2014 en het die volgende belangrike funksies:

  • Administrasie en bestuur van etiek in die Fakulteit

  • Etiekopleiding van navorsers en nagraadse studente

  • Konsultasies oor etiese aspekte van navorsing

  • Beskerm deelnemers en navorsers

  • Etiese evaluering van navorsingsvoorstelle

  • Monitering van goedgekeurde projekte

Hierdie funksies word bekwaam hanteer deur die personeel van die Etiekkantoor wat tans bestaan uit die Hoof, 'n akademiese adviseur en vier senior administratiewe assistente.

Die kantoor ondersteun twee etiekkomitees, naamlik die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee (HREC) en die Navorsingskomitee vir diere (AnimCare).