Oor Ons
Kinderkinetika is die professie wat poog om die neuro-motoriese ontwikkeling van jong kinders (0-13 jaar) deur middel van wetenskaplik gebaseerde fisieke aktiwiteit, optimaal te bevorder met onder andere die volgende doelwitte:
- Funksionele groei en ontwikkeling by kinders te bevorder;
- Aanleer van spesifieke bewegingsaktiwiteite om sportspesifieke aktiwiteite te bevorder en te fasiliteer;
-
Implementering van toepaslike aangepaste en rehabilitasieprogramme vir kinders met groei- en/of ontwikkelingsagterstande en gestremdhede.