Doen aansoek vir 'n PhD studie in Sielkunde by die NWU
Die 2023 PhD-aansoekproses sal in Augustus vanjaar open.
Die algemene sluitingsdatum vir aansoeke is 30 September 2023.
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat u aansoek doen: Instructions & application details for 2023
Voltooi en dien die amptelike aansoekvorm van die NWU PhD hier in
Kontak asseblief vir prof. Johan Potgieter by 018 – 299 1731 of Johan.Potgieter@nwu.ac.za as u meer inligting rakende die aansoek- of keuringsproses benodig.



Visie en missie
Die visie van die navorsingsfokusarea, Community Psychosocial Research (COMPRES) is om wetenskaplike en bewysgebaseerde navorsing van hoë kwaliteit binne gemeenskaps psigososiale welstand in toepaslike Suid-Afrikaanse kontekste uit te voer met die doel om die ontwikkeling van patologie te voorkom en psigososiale welstand te verbeter.
Ons wil onsself ook vestig as leidende rolspelers in psigososiale navorsing wat op gemeenskappe fokus in die wyer Suidelike Afrika en om daardeur toepaslike modelle te ontwikkel en te voorsien om gemeenskaps-psigososiale teenspoed en welstand in ‘n ontwikkelende konteks te verstaan en aan te spreek.
Community Psychosocial Research (COMPRES) is ‘n navorsingsfokusarea in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en is die navorsingstuiste vir navorsers in die Skool vir Psigososiale Gedragswetenskappe en die Sentrum vir Kinder-, Jeug en Familiestudies. Die deure is amptelik in Januarie 2015 geopen.
Community Psychosocial Research (COMPRES) beklemtoon ook die belangrikheid van ʼn gemeenskap teenwoordigheid, wat dit waarvoor ons staan simboliseer en wat nie net die navorsers nie, maar ook lede van die gemeenskap − onmisbaar en wat ʼn aktiewe rol in die navorsingsprojekte speel − tuis laat voel.
