Nadoktorale genootskap

Die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) is gereeld opsoek na slim, jong en entoesiastiese nadoktorale genote. Soos die naam van ons navorsingsgroep aandui, is ons breë fokus die begrip van die ontwikkeling van hipertensie deur klein veranderinge in die kardiovaskulêre stelsel en geassosieërde risiko faktore en biomerkers te monitor. Verskeie navorsing sub-programme bestaan binne ons kliniese navorsingsmileu insluitend kardiovaskulêre hemodinamika, makro- en mikrovaskulêre funksie (soos arteriële styfheid van groot bloedvate en retinale hemodinamika), leefstyl blootstellings (insluitend psigologiese stres, obesiteit, dieet, fisiese aktiwiteit en sosio-ekonomiese status), infektiewe siektes (spesifiek die kardiovaskulêre effekte van MIV-infeksie) and gevolglike eindorgaanskade (eggokardiografie, intima-media dikte en nierfunksie).

Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • ‘n PhD graad (Mediese Wetenskappe, Fisiologie, Voeding, Epidemiologie of verwante veld) of ‘n gelykstaande kwalifikasie met klem op Kardiovaskulêre Fisiologie – verwerf binne die laaste 5 jaar;
  • Kennis van asook ervaring in navorsing binne die veld van kardiovaskulêre fisiologie of ‘n naby verwante veld. Ervaring in die area van kliniese navorsing is ‘n voorvereiste;
  • Uitstekende mense- en kommunikasie vaardighede in Engels;
  • Bevoegdheid in statistiese analise.

 

Navrae:

Me Frieda Fiellis

Telefoon: +27 18 299 2780

Epos: frieda.fiellis@nwu.ac.za