Professionele Registrasie as Kinderkinetikus

 

Die volgende vlakke van registrasie is van toepassing binne Kinderkinetika:

Kinderkinetikus

Verwerf honneurskwalifikasie, met spesialisering in Kinderkinetika in die 4de akademiese jaar, met bewyse van 300 praktiese ure ervaring tydens hierdie jaar in 'n geakkrediteerde Kinderkinetika-praktyk as ‘n Kinderkinetika-intern. Registrasie by SAPIK na verwerwing van die honneurskwalifikasie is ‘n vereiste om as ‘n kinderkinetikus te kan praktiseer.

Magister of PhD-studie in Kinderkinetika

‘n 60% akademiese voorvereiste word vir die honneurskwalifikasie vereis om te kan inskryf vir ‘n Magistergraad in Kinderkinetika. ‘n Magistergraad in Kinderkinetika word vereis om te kan inskryf vir ‘n PhD-graad.