Jong Wetenskaplike van die Jaar: 3’s Company Farmasiekonferensie
Mnr Jaycee van Rooyen het die toekenning vir die Jong Wetenskaplike van die Jaar by die 3’s CompanyFarmasiekonferensie (2013) ontvang. Die referaat was getiteld “Assessment of potential drug-drug interactions among South African children and adolescents receiving antidepressants”. Die outeurs was mnr Jaycee van Rooyen, dr Johanita Burger en prof Martie Lubbe.
Me Christelle Coetzer het die prys as die eerste naaswenner in die Jong Wetenskaplike van die Jaar-toekenning by die 3’s Company Farmasiekonferensie (2013) ontvang. Die referaat was getiteld “Work-related need satisfaction of pharmacy employees in a corporate environment”. Die outeurs was me Christelle Coetzer, mev Mariëtta Basson, me Mariet Eksteen en dr Johan Lamprecht.
Beste plakkaataanbieding: Kongres oor Biologiese Psigiatrie
Me Marisan Moolman het by die 2013 Kongres oor Biologiese Psigiatrie die prys vir die beste plakkaataanbieding ontvang. Die plakkaat was getiteld “Clozapine discontinuation rates in a public healthcare setting”. Die outeurs was me Marisan Moolman, dr Rianda Joubert, dr Johan Lamprecht en prof Martie Lubbe.
Beste plakkaataanbieding: 3’s Company Farmasiekonferensie
Mnr Naudé Slabbert het die prys vir die beste plakkaataanbieding in Kliniese Farmakologie by die 3’s Company Farmasiekonferensie (2013) ontvang. Die plakkaat se titel was “Changes in prescribed daily dosages of antidepressants in compliant vs. non-compliant patients in a private healthcare setting in South Africa”. Die outeurs was mnr Naudé Slabbert, prof Martie Lubbe, prof Brian Harvey en prof Tiaan Brink.