Implementering van Ondersteunende Neuro-ontwikkelingsversorging van Premature Babas

 

Hierdie projek fokus op die lewensgehalte van babas wat premature geboortes oorleef – ʼn aspek van versorging wat dikwels nie genoeg erkenning kry nie. Daar word baie navorsing gedoen oor die effek van ondersteunende neuro-ontwikkelingsversorging, maar dit word nie altyd as ʼn omvattende model van versorging in alle Suid-Afrikaanse neonatale intensiewesorgeenhede beoefen nie.

Hierdie navorsing is gemik op die implementering van ondersteunende neuro-ontwikkelingsversorging (INDeSC) ter beskerming en ondersteuning van premature babas se ontwikkeling in alle neonatale eenhede in Suid-Afrika. Nege neonatale eenhede van die openbare sowel as die private sektor in Suid-Afrika is by hierdie projek betrokke.

Dit is ʼn implementeringsnavorsingsprojek in leierskapsontwikkeling van gesondheidsorgdeskundiges van verskeie dissiplines. Volgens prof Welma Lubbe, primêre navorsers verbonde aan die projek, sal hierdie projek ʼn bydrae lewer tot die nodige verandering in die versorging en neurologiese ontwikkeling van premature babas.

 

Projekleier: Prof Welma Lubbe
welma.lubbe@nwu.ac.za


Nuus

Much needed leadership to support the tiniest humans

“This project will contribute to the much-needed change in the care and neurological development of our premature children. We believe and agree fully with Frederick Douglass, who stated that it is easier to build strong children than to repair broken men,” Prof Lubbe concludes. Read more