Tuis

Welkom by die Skool vir Psigososiale Gesondheid

Die Skool bestaan twee vakgroepe, Maatskaplike Werk en Sielkunde. Voorgraadse onderrig behels 'n wye verskeidenheid Sielkunde programme en 'n professionele, 4-jaar graad in Maatskaplike Werk. Nagraadse programme in Maatskaplike Werk behels MSW-kwalifikasies in Forensiese Praktyk, Kinderbeskerming en Spelterapie. Studente kan aansoek doen om keuring vir nagraadse kwalifikasies in Sielkunde, wat 'n BA/BSc Honneurs in Sielkunde of 'n MA/MSc in Kliniese-, Voorligting-, of Navorsingsielkunde insluit. Meesters- en PhD-programme in beide Maatskaplike Werk en Sielkunde word deur 'n aktiewe navorsingskultuur en 'n verbintenis tot gemeenskapsdiens ondersteun. Ons streef daarna om goed afgeronde, professionele studente op te lei wat deur navorsing, kliniese praktyk en dienste 'n bydrae kan lewer tot die psigososiale welstand van Suid-Afrikaners.
 

Neem 'n virtuele toer om ons kursusse te verken en maak seker dat u al u opsies ken!

 


Media