Nagraadse Studie

Nagraadse Studie in Verbruikerswetenskappe

Na voltooiing van een van die vier jaar programme kan 'n student toegelaat word tot ’n M in Verbruikerswetenskappe. Toelating is onderhewig aan ’n keuringsproses asook beskikbare kapasiteit in die vakgroep. Daarna kan ’n student ingeskryf word vir PhD-graad in Verbruikerswetenskappe, mits daar aan die gestelde vereistes voldoen word.