Tuis

 

 

Wat is Verbruikerswetenskappe?

Verbruikerswetenskappe is ’n studieveld waar die fokus op die welstand van die verbruiker en hul interaksie met gemeenskappe en die omgewing val. Dit is ’n stimulerende studierigting wat die geleentheid bied om kreatiwiteit op verskeie vlakke tot voordeel van die verbruiker aan te wend.

Die behoeftes van die Suid-Afrikaanse verbruiker word op ’n wetenskaplike wyse ontgin en nagevors. Verbruikerswetenskappe bestudeer die verbruiker binne drie hoofkomponente naamlik voedsel, mode en verbruikershulpbronne wat onder meer behuising en binneontwerp insluit. Aspekte rakende ondernemingsbestuur en toerismebestuur word ter ondersteuning ingesluit. Die opleiding wat die studente ontvang, stel hul in staat om ’n waardevolle diens in die bedryf en gemeenskap te lewer. Verbruikerswetenskaplikes wat ’n onderwysrigting in Verbruikerswetenskappe wil volg, kan in ’n vierde studiejaar ’n Nagraadse Onderwyssertifikaat voltooi.

 

Neem 'n virtuele toer om ons kursusse te verken en maak seker dat u al u opsies ken!