Profile
Title
Prof
Name and surname
Carina (CMC) Mels
Job title
Professor, Direkteur
Telephone
+27 18 299 1983
E-mail
carina.mels@nwu.ac.za
Physical address
F12-206, Potchefstroomkampus
Campus
Potchefstroom
Qualifications

PhD in Biochemie

Expertise
Oksidatiewe stres, Metabolomika, Proteomika
Background

Carina Mels is 'n voltydse navorsingsprofessor en direkteur van die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) aan die Noordwes-Universiteit (NWU). Sy het haar PhD in Biochemie in 2011 behaal en beskik oor 'n Y-gradering van die Nasionale Navorsingsraad. Sy het verskeie beoordeelde artikels gepubliseer en as studieleier vir verskillende meesters- en PhD-studente opgetree. Sy is die SA Hoof Navorser van die African PRospective study on the Early Detection and Identification of Cardiovascular disease and HyperTension (African-PREDICT). Sy dien op die Raad van Direkteure en die Next Generation Committee van die Suid-Afrikaanse Hipertensieraad (SAHS). As professionele lid van die Internasionale Raad van Hipertensie (ISH) is sy ook betrokke by die African Regional Advisory Group met die doel om die las van hipertensie op die vasteland van Afrika te verlig. Haar navorsingsfokus is op die betrokkenheid van oksidatiewe stres by die ontwikkeling van kardiovaskulêre siektes en het onlangs ook proteomika en metabolomika begin gebruik om vroeë veranderinge te ondersoek wat verband hou met die ontwikkeling van toekomstige kardiovaskulêre siektes.