Dienslewering

Al die navorsingsaktiwiteite en nagraadse opleiding vind plaas in die Hipertensie Navorsings- en Opleidingskliniek. Hierdie aktiwiteite is deel van die HART groep se gemeenskapsbetrokkenheid en fokus ook op kardiovaskulêre siekte voorkoming.

Kundigheid in die uitvoer van verskeie tegnieke om kardiovakulêre funksie te bepaal, soos byvoorbeeld:

  • 24 uur bloeddruk monitering,
  • Sonar metings van die karotis slagaar (nekslagaar),
  • Transtorakale eggokardiografie,
  • Standaard bloeddruk metings,
  • Toepassing van verskeie stressors wanneer vaskulêre funksie asseseer word,
  • En beoordeling van retinal vesels vir vroeë veranderinge in die mikrosirkulasie.

Kundigheid in die bepaling van verwante kardiovaskulêre risiko merkers, insluitend:

  • Sonar metings van subkutane en viscerale vet,
  • Opnames van vraelyste,
  • En uitvoer van biochemiese analises vir die bepaling van bloed/uriene/speeksel vlakke van spesifieke hormone, ensieme, peptiede, glikoproteïene of sitokiene. 

Kontak: +27 (0)18 285 2261 | Kantoorure: 08:00 - 16:00 (Maandae - Vrydae)