Huidige projekte

Die HART groep is aktief besig met 5 huidige navorsingsprojekte in samewerking met menigte medewerkers en ander navorsingsentiteite.

Hierdie studies is:

 

Die SABPA studie

Hoof Navorser: Prof L Malan

Die Sympathetic activity and Ambulatory Blood Pressure in Africans (SABPA) Prospektiewe Kohort studie

Navorsing in meer as 10 000 Afrikane van die Noordwes Provinsie Suid Afrika het aangedui dat veeleisende omgewingsomstandighede skadelik vir goeie kardiometaboliese gesondheid mag wees. Hierdie resultate het die ontwerp van die SABPA Prospektiewe kohort studie gemotiveer. Die hoofdoelwit van die studie was om neurale meganistiese bane te ondersoek wat betrokke is by emosionele stres, kardiometaboliese gesondheid en teikenorgaanskade in die brein, retina, hart en niere. Die studie het ‘n internasionale toekenning in 2008 ontvang vir uitmuntende studie ontwerp van die Internasionale Diabetes Federasie (IDF).

Die deelnemer-groep het 409 Swart en Wit manlike en vroulik onderwysers (20-65 jr) ingesluit wat gewerf is uit ingeskrewe onderwysers (N=2170) werksaam in die 43 skole van die Dr Kenneth Kaunda Onderwys Distrik (Potchefstroom en Klerksdorp), Noordwes Provinsie, Suid-Afrika. Die eerste fase van die studie is uitgevoer in 2008-2009 en die tweede fase in 2011-2012, met ‘n 87.8% suksesvolle opvolgkoers. Die opname periodes is gekies om seisoenale veranderinge te voorkom. Elke deelnmeer is onderwerp aan uitgebreide kliniese metings oor ‘n 48 uur tydperk onder goedbeheerde toestande. Verskeie befondsingstoekennings is ontvang vanaf die Noordwes Universiteit, die Nasionale Navorsingstigting en Mediese Navorsingsraad, die Noordwes Departement van Onderwys en ROCHE Diagnostics, Suid Afrika.

Ons navorsing en dataverspeiding word ondersteun deur ’n uitgebreide netwerk van kundige nasionale, internasionale en farmaseutiese medewerkers. Hierdie netwerkverhouding is gebaseer op respek, vertroue en integriteit wat duidelik blyk uit die gratis biochemiese analises en ’n groot aantal eweknie ge-valueerde publikasies.


Lees meer

Die PURE studie

Hoofnavorsers vir die kardiovaskulêre metings in PURE: Prof CMT Fourie and Prof AE Schutte

Die Prospective Urban and Rural Epidemiology (PURE) studie is ‘n longitudinale, multinasionale studie en sluit 17 lae-, middel- en hoë-inkomste lande van die wêreld in. Met die studie word veranderinge in leefstyl, kardiovaskulêre risiko faktore en kroniese siektes oor ʼn periode van ten minste 10 jaar opgevolg deur gebruik te maak van gestandaardiseerde data insamelingsmetodes in beide stedelike en plattelandse gebiede. Die basislyn data insameling van die Suid-Afrikaanse been van die PURE studie is uitgevoer in 2005 in die Noordwes Provinsie en het 2010 ewekansig gekiesde (van ʼn stedelike en landelike gebied) vrywillige Afrikane ouer as 35 jaar ingesluit. Die vyf jaar opvolg data insameling het in 2010 en die tien jaar opvolg het in 2015 plaasgevind.

 

Top artikels van die HART groep:

  1. Are behavioural risk factors to be blamed for the conversion from optimal blood pressure to hypertensive status in Black South Africans? A 5-year prospective study.
  2. Lipid abnormalities in a never-treated HIV-1 subtype C-infected African population.
  3. Urinary albumin excretion from spot urine samples predict all-cause and stroke mortality in Africans.
  4. Evaluation of waist-to-height ratio to predict 5 year cardiometabolic risk in sub-Saharan African adults.
  5. Self-reported alcohol intake is a better estimate of 5-year change in blood pressure than biochemical markers in low resource settings: the PURE study. 

Die HART groep het met MIV en kardiovaskulêre risiko navorsing in die PURE studie begin met 300 MIV geïnfekteerde en ‘n geslag, ouderdom, lokaliteit en liggaamsmassa indeks ooreenstemmende MIV vrye kontrole groep. ‘n Mini-opvolg studie is in 2008 op hierdie deelnemers uitgevoer. Verskeie artikels is gepubliseer op hierdie onderwerp: 

  1. Is HIV-1 infection associated with endothelial dysfunction in a population of African ancestry in South Africa?
  2. HIV infection and cardiovascular risk in black South Africans.
  3. Soluble Urokinase Plasminogen Activator Receptor (suPAR) is associated with Metabolic Changes in HIV-1-Infected Africans: A Prospective Study.
  4. Cardiometabolic markers to identify cardiovascular disease risk in HIV-infected black South Africans.
  5. The five year cardiometabolic changes in treated versus never treated HIV-infected black South Africans: the PURE study.

Die ASOS studie

Hoof Navorser: Prof R Kruger

Die Arterial Stiffness in Offspring Study (ASOS) is 'n dwarsdeursnit, observasie studie wat bloeddruk, arteriële styfheid en liggaamsamestelling tendense in jong skoolkinders tussen ouderdomme van 6 en 8 jaar ondersoek. Ons navorsing het aangetoon dat die swart populasie meer onderhewig is aan hoë bloeddruk en arteriële styfheid op vroeër ouderdomme in vergelyking met wit populasies. Dit het gelei tot die vraag oor die ouderdom wanneer veranderinge in die kardiovaskulêre sisteem in swart teenoor wit mense begin. Ons het spesifiek 6 tot 8 jarige seuns gekies, aangesien ons reeds verskille in 10 tot 15 jarige swart en wit kinders opgemerk het. Hoe vroeër ons verskille kan opmerk, hoe vinniger kan intervensies ontwikkel word om die ontwikkeling van die siektelas in die Suid-Afrikaanse swart populasie te beperk.

Onlangse publikasie:

GG Mokwatsi, AE Schutte, R Kruger. Ethnic differences regarding arterial stiffness of 6-8 year old black and white boys. Journal of Hypertension, 2017; 35(5):960-967

Die ASOS studie is befonds deur die Suid-Afrikaanse Suiker Assosiasie (SASA), die Nasionale Navorsingstigting (NRF) van Suid-Afrika en die Mediese Navorsingsraad (MRC) se Buitengewone Navorsingseenheid vir Hipertensie en Kardiovaskulêre Siekte.

Die EndoAfrica studie

Hoof Navorser van EndoAfrica: Prof Carla Fourie

Die EndoAfrica studie: Die veronderstelde raakvlak van ontluikende kardiovaskulêre risiko faktore wat populasies wat leef met en sonder MIV in sub-Sahara Afrika affekteer.

Die EndoAfrica studie is ʼn samewerking tussen Prof. Hans Strijdom van Stellenbosch Universiteit, Mediese Universiteit Gräz (Oostenryk), VITO NV, Hasselt Universiteit (België), HART NWU (Potchefstroom) en Walter Sisulu Universiteit (Umtata).

Die doel van die studie is om ondersoek in te stel na die interaksie tussen MIV-infeksie, antiretrovirale behandeling en kardiovaskulêre risiko in Suid-Afrikaanse volwassenes. Die studie fokus veral op endoteel funksie as ʼn vroeë voorspeller van kardiovaskulêre siekte. ʼn Totaal van 270 MIV-geïnfekteerde en 90 MIV vrye Suid-Afrikaanse volwassenes sal gewerf word deur elke deelnemende sentrum van die studie; HART (Noordwes Provinsie), Walter Sisulu Universiteit (Oos Kaap) en Stellenbosch Universiteit (Wes Kaap). MIV status en behandeling word gedokumenteer en veranderlikes van kardiovaskulêre gesondheid word bepaal met sensitiewe apparaat.

Die metings sluit in vloei gemedieerde dilatasie, arteriële styfheid deur middel van polsgolf snelheid bepaling, strukturele endoteliale veranderinge deur Sonar beelde van die karotis intima media, retinale beelde, asook sifting vir hipertensie, diabetes, obesiteit, dislipidemie, en rook saam met analises van vaskulêre inflammatoriese bio-merkers in die bloed. Al die metings sal na 18 maande herhaal word om die invloed van MIV infeksie en die behandeling met antiretrovirale middels op kardiovaskulêre risiko te evalueer.

Hierdie studie word kortliks by LinkedIn bespreek: https://www.linkedin.com/pulse/hivaids-emerging-threat-cardiovascular-health-africa-why-de-boever

Deur voort te bou op die kennis verwerf van populasies buite sub-Sahara Afrika, word met die EndoAfrica studie beoog om vas te stel hoe MIV en die behandeling daarvan die interaksie tussen oordraagbare en nie-oordraagbare siektes in Suid-Afrika affekteer waar beide MIV en kardiovaskulêre siektes se voorkoms hoog is.

Finansiële ondersteuning:

Die Departement van Wetenskap en Tegnologie van die Republiek van Suid Afrika befonds die HART (NWU) deel van die EndoAfrica studie.

The Department of Science and Technology of the Republic of South Africa is funding the HART (NWU) part of the EndoAfrica study.