Tuis

Welkom by die Skool vir Verpleegkunde

Die Verpleeg professie is noodsaaklik in die bevordering van gesondheid, voorkoming en behandeling van siekte toestande en versorging tot die waardige afsterwe van ʼn pasiënt.

Die Skool vir Verpleegkunde voorsien onderrig en opleiding van internasionale gehalte aan voorgraadse en nagraadse studente. Verpleegkunde is ʼn dinamiese beroep met geleenthede vir spesialisasie nadat die basiese Verpleegkunde graad voltooi is. Toegewyde, bekwame personeel verseker dat studente toegerus word met bekwaamheid, verantwoordelikheid, outoriteit en aanspreeklikheid na registrasie as professionele Verpleegkundige by die Suid Afrikaanse Raad op Verpleging.

Die Skool vir Verpleegkunde is nie net ʼn akademiese en navorsingsdomein nie, maar is ons ook trots op die integrale rol wat ons in die gemeenskap speel.

 

 

Neem 'n virtuele toer om ons kursusse te verken en maak seker dat u al u opsies ken!