Tuis

Oorsig

Die doel van die program is om dieetkundiges professioneel op te lei vir die uitgebreide gesondheidsmark. In die lig van die gesondheidsprobleme geassosieer met lewenstylveranderinge sowel as die MIV/VIGS pandemie, onder- en oorvoeding, is goeie voedingsorg vir gesonde sowel as siek mense in Suid-Afrika van die grootste belang. Die monetêre lading op die gesondheidsorgdienste is buite beheer, en een van die basiese beginsels om die probleem te stabiliseer is vir dieetkundiges om goeie voedingsonderrig te gee op alle vlakke van die samelewing en gesondheidsorg.

Neem 'n virtuele toer om ons kursusse te verken en maak seker dat u al u opsies ken!