Kontak en aanwysings

Kontak ons

Desdemona Kruger

Senior Administratiewe Assistent

Epos: Desdemona.Kruger@nwu.ac.za

Telefoon: (018) 299 2441

 

Aanwysings

 

N12 VANAF GAUTENG


Neem die N12 van Johannesburg na Potchefstroom. Nadat u Potchefstroom binnegekom het, draai by die vyfde robot regs in Govan Mbekirylaan (Mooirivierrylaan) (die Mooirivier-mall sal aan u regterkant wees). Ry verby die Riverwalk-inkopiesentrum, McDonald's en Kentucky, almal aan u linkerkant. Draai by die vierde robot, 'n T-aansluiting direk na u 'n klein bruggie oorgesteek het, links in Albert Luthulirylaan (voorheen Von Wieligh straat). Kruis die volgende twee robotte. Kruis die vierrigtingstop (Hoffmanstraat) en draai regs by die volgende vierrigtingstop (OK Grocer sal aan jou linkerkant wees) (Malherbe straat). Kruis die eerste 3-rigtingstop. Draai links by die volgende 3 rigtingstop (Esselenstraat).


Maak gebruik van die regterkantse ingang (besoekers) by die sekuriteitshek.
Sodra jy deur die sekuriteitshek gery het draai jy regs by die verkeersirkel. Volg die pad (pasop vir 'n paar spoedhobbels) ry links onder die brug deur. Hou reguit oor stop. Volg die pad, jy sal parkeerafdakke aan jou linkerkant kry. Die pad sal weer skerp na regs draai (nadat jy oor 'n groot hobbel gery het). Die pad sal dan vurk (Drakenstein restaurant direk voor jou) hou regs aan en parkeer in die parkeer area op regterkant langs die Fisiologie gebou (F12).


GPS koördinate by die parkeerarea is: S26 41.206, E27 5.503