Oor ons

Visie en missie

Prekliniese middelontwikkeling is ’n skaars en kritieke kennisgebied in Suid-Afrika.  Die ontwikkeling en vervaardiging van geskikte medisynes vir besmetlike en chroniese siektes binne die finansiële beperkings wat in ons samelewing bestaan, is ’n uitdaging.  Hierdie proses vereis dat nuwe farmaseutiese produkte en biologiese stowwe soos entstowwe plaaslik ontwikkel en vervaardig moet word. Die doel van die platform is om aan die streng regulatoriese vereistes te voldoen om die internasionale farmaseutiese beste praktyke na te kom en ’n diens van wêreldgehalte in prekliniese middelevaluering te lewer.

Uitkomstes

  • 'n Volledige waardeketting in die geneesmiddel-/fitomedisynebedryf.  Die NWU vorm ’n beginpunt.
  • Vir Suid-Afrika om in die posisie te wees om betyds en meer omvattend te reageer op die behoefte om terapieë vir Afrika- of Derdewêreldsiektes te produseer.
  • 'n Instelling wat toeganklik is vir alle wetenskaplikes wat sulke navorsingsdienste teen ’n redelike koste nodig mag hê.
  • Beskerming van Suid-Afrikaanse intellektuele eiendom (IE).
  • Die verbetering van Suid-Afrika se vermoë om aan baanbrekernavorsing deel te neem.