Nagraadse studies

BHSc Hons in Fisiologie

Kwalifikasie kode: 8EA L01

Die kurrikulum saamgestel vir hierdie program is akademies van aard. Met samestelling van die kurrikulum is klem gelê op loopbaan moontlikhede asook die menslike kapitaal behoeftes van die land. Die kurrikulum berei die student voor vir verdere nagraadse studie in Kardiovaskulêre Fisiologie. Die program word voltyds aangebeid.

 

Fakulteitreëls en voorwaardes vir die program:

a) 'n BSc graad met Fisiologie as hoofvak of 'n ekwivalente kwalifikasie met in-diepte kennis van Fisiologie

b) Selektering vind plaas gedurende September tot Oktober en is afhanklik van die kapasiteit en goedkeuirng van die skool- en navorsingsdirekteur

c) 'n Gemiddeld van tenminste 65% in Fisiologie op derdejaarsvlak word vereis 

 

Vir enige addisionele inligting, kontak Dr Leandi Lammertyn (leandi.lammertyn@nwu.ac.za)

 

Magister Scientiae (MHSc)

Kwalifikasie kode: 8DD N01 

Die doel van dié kwalifikasie is om nagraadse studente te bemagtig om op hoë gespesialiseerde vlak as navorsers in gesondheidswetenskappe op te tree en te fokus op die relevante navorsingsvraag binne die veld van gesondheid of kardiovaskulêre fisiologie. Dit is ‘n navorsingsgebaseerde graad en bestaan uit ‘n navorsingsprojek en die indiening van ‘n verhandeling en word voltyds in beide Afrikaans en Engels aangebied. Die graad word in ‘n jaar voltooi, maar die Fakulteit staan wel ‘n periode van twee jaar toe. 

 

Vir enige addisionele inligting kontak Prof Carina Mels (carina.mels@nwu.ac.za)

 

Philosophiae Doctor (PhD)

Kwalifikasie kode: 8CD R03

Die doel van dié kwalifikasie is om 'n student wat 'n meestersgraad in die veld van Kardiovaskulêre Fisiologie of gelykstaande kwalifikasie het in staat te stel om te bewys deur middel van 'n doktorale tesis dat hy / sy 'n bydrae tot die ontwikkeling van nuwe kennis en / of toepaslike vaardighede gemaak het. Nog 'n doel van die kwalifikasie is om Suid-Afrika te voorsien van wetenskaplike navorsers wat oor breë teoretiese kundigheid en praktiese vaardighede in die gesondheidswetenskappe beskik, met spesialisering en meesterskap in Kardiovaskulêre Fisiologie. Die proefskrif word in die formaat van navorsingsartikels ingedien. Bewys moet gegee word dat ten minste een artikel in 'n geakkrediteerde akademiese tydskrif voorgelê is vir publikasie. Die minimum duur van die studie is twee jaar en die maksimum drie jaar. Die Fakulteit laat toe dat 'n vierde akademiese jaar beskikbaar is.

 

Vir enige addisionele inligting kontak Prof Carina Mels (carina.mels@nwu.ac.za)

 

Om aansoek te doen kliek hier.

 

Nagraadse administrasie

Instapdiens: Gebou F1 - kamer 257

E-pos: higherdegree-enquiries@nwu.ac.za

Webwerf