Kwalifikasies

 

Baccalaureus in Gesondheidswetenskappe (BHSc)

 

 

 
 

BHSc in Biokinetika

Vier jaar voltyds

Minimum vereistes TPT (APS) = 32

Wiskunde = vlak 3 OF Wiskunde geletterdheid =  vlak 4

Lewenswetenskappe OF Fisiese Wetenskappe =  vlak 4

Hierdie graad stel studente in staat om kritiese en kreatiewe denke in die gebruik van wetenskap, navorsing en tegnologie te demonstreer, met die tersaaklike teoretiese kennis (modelle, teorieë ens.) om deur middel van geïntegreerde projekte (gevallestudies, scenario’s en probleemoplossing) en verdere bevoegdhede in gemeenskapsbetrokkenheid die nodige vaardighede en waardes as entrepreneurs of werknemers op die gebied van biokinetika te demonstreer.

BHSc in Sportafrigting en MBW

Drie jaar voltyds

Die minimum NSS TPT-telling vir ’n student wat vir die BHSc toegelaat wil word, is 24

Taalvereiste:  NSS met óf Eerste óf Tweede Addisionele Taal op ten minste vlak 4 (50–59%)

Menslike Bewegingswetenskappe het te make met die wetenskap van die mens in beweging in die konteks van oefening, fisieke aktiwiteit, sport, motoriese ontwikkeling en fisieke rehabilitasie. Die kwalifikasie dien ook vir opleiding in loopbane as oefenkundige, sportorganiseerder of fiksheidsdeskundige.  Verder skep die kwalifikasie die basis vir 'n Nagraadse Onderwys Sertifikaat (NGOS). Studente wat aan die nodige vereistes voldoen, kan na die voltooiing van die graad ook aansoek doen vir honneurs in Kinderkinetika. ʼn Keuringsproses sal plaasvind waarna daar tussen 5-8 studente gekeur sal word vir honneurs in Kinderkinetika.

BHSc in Rekreasie

Drie jaar voltyds

Die minimum NSS TPT-telling vir ’n student wat vir die BHSc toegelaat wil word, is 26

Taalvereiste:  NSS met óf Eerste óf Tweede Addisionele Taal op ten minste vlak 4 (50–59%)

 

  • Die BHSc met interne program Rekreasie en Sielkunde se doel is spesifiek om:

Studente in staat te stel om kritiese en kreatiewe denke in die gebruik van wetenskap, navorsing en tegnologie te demonstreer, met die tersaaklike teoretiese kennis (modelle, teorieë, ens.) om deur middel van geïntegreerde projekte (gevallestudies, scenario’s en probleemoplossing) en verdere bevoegdhede in gemeenskapsbetrokkenheid die nodige vaardighede en waardes as entrepreneurs of werknemers op die gebied van rekreasieterapie te demonstreer.

 

  • Die BHSc met interne program Rekreasie en Toerisme se doel is spesifiek om:

Studente in staat te stel om kritiese en kreatiewe denke in die gebruik van wetenskap, navorsing en tegnologie te demonstreer, met die tersaaklike teoretiese kennis (modelle, teorieë, ens.) om deur middel van geïntegreerde projekte (gevallestudies, scenario’s en probleemoplossing) en verdere bevoegdhede in gemeenskapsbetrokkenheid die nodige vaardighede en waardes as entrepreneurs of werknemers op die gebied van rekreasie toerisme te demonstreer.

 

  • Die BHSc met interne program Sport en Rekreasie administrasie  se doel is spesifiek om:

Studente in staat te stel om kritiese en kreatiewe denke in die gebruik van wetenskap, navorsing en tegnologie te demonstreer, met die tersaaklike teoretiese kennis (modelle, teorieë, ens.) om deur middel van geïntegreerde projekte (gevallestudies, scenario’s en probleemoplossing) en verdere bevoegdhede in gemeenskapsbetrokkenheid die nodige vaardighede en waardes as entrepreneurs of werknemers op die gebied van sport en rekreasie te demonstreer

 

Diploma in Afrigtingswetenskap

Twee jaar voltyds

APS 18 

Op die Potchefstroomkampus word die diploma in sokker en rugby aangebied en op die Mahikengkampus in sokker. Die diploma fokus op  afrigting asook sportbestuur en stel studente in staat om vaardighede en teoretiese kennis in afrigting deur middel van praktiese sessies, geïntegreerde projekte (gevallestudies, scenario’s en probleemoplossing) en verdere bevoegdhede in gemeenskapsbetrokkenheid te demonstreer.  Ná voltooiing van die diploma kan studente aansoek doen om met die graad Baccalaureus in Gesondheidswetenskappe met Sportafrigting en Menslike Bewegingskunde voort te gaan. Studente moet ’n gemiddelde van 60% vir elke jaar hê om met die graad voort te gaan.