FASRek

 

Kennisgewing:

Vir alle navrae oor nagraadse aansoeke, kontak asb Charmaine Stone.                                                                               

Oorsig

Hoë vlakke van fisieke onaktiwiteit, ’n toename in die voorkoms van nie-oordraagbare siektes soos vetsug en hipertensie en ’n afname in die deelname aan skoolsport, en toppresteerders in sport is alles die temas waarop navorsing by FASRek fokus. Die navorsingsfokusarea van Fisieke Aktiwiteit, Sport en Rekreasie wat in 2009 gestig is, streef daarna om deur toepaslike navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid ’n bydrae tot ’n fisiek aktiewer en gesonder wennasie te lewer. Ons slagspreuk is dus: “Navorsing oor menslike beweging: van die wieg tot die graf”.

FASRek is ’n dinamiese, multikulturele navorsingsentiteit met kundigheid op die gebied van motoriese vaardighede en ontwikkeling, oefeningfisiologie, sport- en oefenwetenskap, gesondheidsbevordering, voorkoming en rehabilitering van chroniese siektes en ortopediese beserings, rekreasiebestuur en -programmering, terapeutiese rekreasie, fisieke aktiwiteit, vetsug en antropometrie.

Binne die navorsingsentiteit is daar drie subprogramme waarbinne bogenoemde navorsing plaasvind. Die programme is die fisieke aktiwiteitsprogram, sportwetenskappe en rekreasieprogram.

Klik hier vir meer FASRek-youtube-video’s