Wat is Kinderkinetika?

 

‘n Kinderkinetikus is ‘n persoon met die volgende kwalifikasies:

  • Drie-jaar BA/BSc graad met Menslike Bewegingskunde as hoofvak.
  • Spesialisering (onderworpe aan keuring) in Kinderkinetika in die 4de akademiese jaar (honneursgraad), met praktiese ervaring tydens hierdie jaar van akademiese opleiding gelykstaande aan 300 ure in 'n geakkrediteerde Kinderkinetika-praktyk.
  • Drie-jarige graad in Menslike Bewegingskunde met 60 praktykure en voorgeskrewe werkswinkels gee toelating tot registrasie en uitvoering van beperkte handelinge van Kinderkinetika as ‘n kinderkinetika-intern.
  • Magister of PhD-studie in Kinderkinetika. Na voltooing van ‘n honneursgraad in Kinderkinetika (60% akademiese voorvereiste), kan ‘n student inskryf vir verdere studies, wat ‘n magister of ‘n opeenvolgende PhD-studie in Kinderkinetika kan behels.