Oor ons doelwitte

Prekliniese toetsing asook die potensie-evaluering van biologiese produkte is afhanklik van die daarstelling van die aanvaarde internasionale in vitro- en in vivo-modelle. Hierdie platform het ten doel om:

  • As ’n nasionale prekliniese toetsplatform vir kwalitatiewe en kwantitatiewe prekliniese studies vir navorsingsinstellings en maatskappye te funksioneer.
  • Farmakologiese, farmakokinetiese en geselekteerde toksikologie-veiligheidstudies vir nuwe verbindings en/of formulerings uit te voer.
  • Potensie- en veiligheidslotvrystellingontledings van produkte met ’n biologiese basis uit te voer.
  • Modelle te ontwikkel, daar te stel en in stand te hou soos dit met aansteeklike siektes, chroniese toestande, neurobiologie en die behandeling van ’n verskeidenheid siektes verband hou.
  • Die infrastruktuur en die stel vaardighede daar te stel om die verskillende in vitro- en in vivo-studies gedurende die prekliniese fase van middelontwikkeling uit te voer.
  • ’n Bemagtigende omgewing te skep om plaaslike sowel as internasionale kliënte te lok om van die fasiliteit gebruik te maak.
  • Onderskeidelik die GLP-status en cGMP-status bekend te stel aan die afdelings waar so ’n vlak vereis word, en om personeel ten opsigte van die riglyne vir GLP en cGMP op te lei.’n Infrastruktuur te skep wat Suid-Afrika in staat kan stel om ’n betekenisvolle rol in die produksie van geneesmiddels en fitomedisyne te speel.