Tuis

Oorsig

Die Prekliniese Geneesmiddelontwikkelingsplatform (PKGOP), wat in 2011 gestig is, is ’n moderne fasiliteit wat op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit in Suid-Afrika geleë is.

Die platform is met hoogs gesofistikeerde toerusting, omgewingsbeheer en datavasleggingstelsels toegerus. Gekwalifiseerde kundiges kan verskillende tipes prekliniese studies uitvoer  op nuwe produkte wat ontwikkel word in Suid-Afrika se aanvaarding van die uitdaging deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie om ’n lewendige farmaseutiese bedryf in die land te vestig. Dit sluit die produksie van farmaseutiese middels, entstowwe, fitomedisyne, asook ander medisyne met ’n plantaardige oorsprong in.

Die PKGOP is ’n plek waar uitnemendheid nagestreef word. Ons nooi jou uit om ons geriewe saam met ons te verken, en om in die opwinding van ons werk te deel terwyl ons die gaping tussen farmaseutiese en fitochemiese navorsing en ontwikkeling (R&D) en die mark verklein.