Tuis

 

Wat is Menslike Fisiologie?

Menslike Fisiologie is die wetenskap van lewe - die deel van biologie wat fokus op hoe die menslike liggaam funksioneer. 'n Sel is die kleinste eenheid wat lewensaktiwiteite kan uitvoer. 'n Groep selle vorm weefsel, 'n groep weefsel vorm organe, en verskillende organe vorm orgaansisteme. Die menslike liggaam bestaan uit veskeie fisiologiese orgaanstelsels, insluitend die kardiovaskulêre-, endokriene-, senuwee- en spierstelsels. Fisiologie help ons om te verstaan hoe hierdie stelsels saam funksioneer om te reageer op veranderinge in die interne en eksterne omgewing van die liggaam om 'n gesonde homeostase (balans) te handhaaf. Nog 'n rede vir die bestudering van fisiologie is om te bepaal hoe veranderinge in die liggaam se fisiologie lei tot die ontwikkeling van siektes, sodat ons kan help om behandelingsopsies vir sulke siektes te ontwikkel.

Wat doen Fisioloë?

Fisiologie vorm die basis van waar wetenskap na kliniese medies oorgedra word. Fisioloë ondersoek en leer hoe die verskillende aspekte van die menslike liggaam funksioneer. Fisioloë werk hoofsaaklik in onderwys- en navorsingsinstellings (soos universiteite en tegnologiese-universiteite as dosente en navorsers, in hoërskole as onderwysers in Lewenswetenskappe, die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, mediese skole, ens.). Hulle kan ook in navorsingslaboratoriums, in die farmaseutiese industrie, in patologiese besighede en in besighede wat kliniese proewe monitor. Aangesien Fisiologie met soveel ander lewensaspekte geïntegreer is, moet professionele persone uit ander industrieë, soos dieetkundiges, sielkundiges, klinici, aptekers, mikrobioloë, dierkundiges en verpleegkundiges, ook almal vertroud wees met fisiologie. Vir meer interessante inligting, om uit te vind watter Fisiologie programme u kan studeer en om meer uit te vind oor ons fisiologie navorsing, en nog vele meer, besoek gerus die volgende bladsye:


 

 


 

Aansoeke vir
​BHSc Honneurs
sluit 31 Julie 2022!

Vir meer inligting, klik hier.

 

 

Besoek ons Fisiologie virtuele toer