Personeel
Akademie

Prof Anja Franken
Mede-professor +27 18 299 2437 anja.franken@nwu.ac.za F10-G11, Potchefstroomkampus, Potchefstroom PhD in Beroepshigiëne BeroepshigiëneProf Anja Franken se navorsing fokus op die in vitro vel deurlaatbaarheid van platinum groep metale en die verskillende faktore wat moontlik die vel deurlaatbaarheid kan beïnvloed. Haar fokus het uitgebrei na die ondersoek van die vel as ‘n grens en werksplek faktore wat die effektiwiteit van hierdie grens kan beïnvloed. Sy is geregistreer as ‘n Beroepshigiëne Tegnoloog by die Southern African Institute for Occupational Hygiene (SAIOH). Prof Franken doseer voorgraadse modules in Beroepshigiëne en sy is deel van die span wat die eerste professionele graad in Beroepshigiënein Suid Afrika (BGW in Beroepshigiëne) ontwikkel het.

Prof Sanette (JS) Brits
Mede Professor, Direkteur: Skool vir Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe +27 18 285 2789 10069917@nwu.ac.za F12-124, Potchefstroomkampus, Potchefstroom PhD in Fisiologie Die effek van stres op die kardiovaskulere en endokriene sistemeProf Brits het 'n passie vir kreatiewe klaskamer omgewings en gemeenskapsuitreik-projekte om onderwys en gesondheid te verbeter. Doeltreffende wetenskaplike kommunikasie deur verskillende onderrigbenaderings kan geleenthede skep vir aktiewe deelname en koöperatiewe leer in die klaskamer. Oorbrugging van pedagogiese grense van fisiologie, kinesiologie en opvoeding het haar siening oor onderrig, leer en navorsing verbreed.
Prof Yolandi Breet
Mede-Professor, Vakgroep Voorsitter: Fisiologie +27 18 299 2442 21195706@nwu.ac.za F12-116, Potchefstroomkampus, Potchefstroom PhD in Fisiologie Arteriële styfheid en vroeë vaskulêre verouderingProf Yolandi Breet is 'n mede-professor en navorser op die gebied van kardiovaskulêre fisiologie en is ook die vakhoof van Fisiologie. Haar navorsing fokus op faktore wat lei tot die ontwikkeling van hipertensie en kardiovaskulêre siektes. Haar spesifieke belangstellings sluit in arteriële styfheid en vroeë vaskulêre veroudering. Sy het 'n Y-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NRF) en is ook 'n lid van die Association for Research into Arterial Structure and Physiology, Sub-Saharan Africa Interprofessional Education Network (AfrIPEN) en dien op die Southern African Association of Health Educationalists (SAAHE) Noordelike Streek Uitvoerende Komitee

Me Alicia van der Merwe
Lektor +27 18 299 1984 alicia.vandermerwe@nwu.ac.za F12-123, Potchefstroomkampus, Potchefstroom Magister in Openbare Gesondheid (MPH) Beroepshigiëne, openbare gesondheid, fisiologieMe Alicia van der Merwe is betrokke by die onderrig-leer van voorgraadse studente in die veld van fisiologie en beroepshigiëne en oorsien nagraadse studente in die veld van beroepshigiëne.

Mnr Corné (CJ) van der Merwe
Vakvoorsitter +27 18 299 2079 12835439@nwu.ac.za F12-112, Potchefstroomkampus, Potchefstroom MSc in Beroepshigiëne Basiese fisiologie, beroepshigiëne wetgewing, asbes en polisikliese aromatiese koolwaterstof blootstellingMnr van der Merwe doseer ventilasie en risikobestuur binne die konteks van beroepshigiëne aan voorgraadse studente en begelei nagraadse studente wat 'n MSc in Beroepshigiëne voortset. Sy huidige navorsing fokus op Beroepshigiëne-onderwys in die Suid-Afrikaanse konteks.
Dr Stefan (SJL) Linde
Senior Lektor +27 18 285 2456 Stefan.Linde@nwu.ac.za F10-G10, Potchefstroomkampus, Potchefstroom PhD in Beroepshigiëne BeroepshigiëneDie hooffokus van Dr Linde se navorsing is die assessering van totale blootstelling aan gevaarlike chemiese substanse wat werkers, in verskillende industrieë, deur alle blootstellingsroetes ondervind. Hierdie industrieë sluit mynbou en verfyning van chemikalieë, soos edelmetale, en additiewe laagvervaardiging in. Sy onderrig fokus op beroepshigiëne en die metodes wat gebruik word om chemiese en fisiese stressors in die werkplek te meet, asook ander beroepshigiëne vakke soos beroepstoksikologie en biologiese monitering.
Dr Gontse (GG) Mokwatsi
Senior Lektor, Programleier: Fisiologie +27 18 299 2489 Gontse.Mokwatsi@nwu.ac.za F12-104, Potchefstroomkampus, Potchefstroom PhD in Fisiologie, Nagraadse onderwyssertifikaat - VOO fase Kardiovaskulêre FisiologieDr Mokwatsi is aangestel as 'n senior lektor aan die Departement van Fisiologie en het navorsingsverantwoordelikhede binne die Hipertensie in Afrika Navorsingspan. Haar navorsingsbelangstellings sluit in die gebruik van bloeddrukmonitering tuis, vroeë ontwikkeling van hipertensie, bloeddruk (soggens en saans) en arteriële styfheid, veral by jong Suid-Afrikaners. Sy is lid van die South African Hypertension Society (SAHS), Golden Key International Honour Society, Organization for Women in Science in the Developing World (OWSD), International Society of Hypertension New Investigator Network en 'n navorsingsgenoot by die International Society of Hypertension.
Dr Sonette du Preez
Programleier +27 18 285 2689 dupreezsonette@nwu.ac.za F10-G09, Potchefstroomkampus, Potchefstroom PhD in Beroepshigiëne BeroepshigiëneMev du Preez is ‘n lektor en navorser in die veld van Beroepshigiëne. Haar navorsing fokus op die gesondheids risikos betrokke by laagvervaarding prosesse (3D druk werk) by fasiliteite regoor Suid-Afrika. Haar navorsing sal bydrae tot belangrike inligting vir die opleiding vir operateurs rakende gesondeheids kwessies. Mev du Preez doseer voorgraadse modules in Beroepshigiëne en sy is geregistreer as ‘n Beroepshigiëne Assistent by die Southern African Institute for Occupational Hygiene (SAIOH).
Mnr Clyde (CA) Uren
Junior Lektor +27 18 299 2440 22327932@nwu.ac.za F12-110, Potchefstroomkampus, Potchefstroom BSc (Hons) in Beroepshigiëne BeroepshigiëneMnr Uren se navorsing fokus op die invloed van alkoholgebaseerde hand vryf op velgrensfunksie. Hy is betrokke as ʼn junior lektor in die onderrigleer van voorgraadse studente in die veld van beroepshigiëne.
Dr Leandi Lammertyn
Mede-Professor +27 18 299 2435 Leandi.Lammertyn@nwu.ac.za F12-107, Potchefstroomkampus, Potchefstroom PhD in Fisiologie, Nagraadse onderwyssertifikaat - VOO fase Hemostase, metaboliese risiko faktore en kardiovaskulêre siekteProf Lammertyn is 'n Senior Lektor in die Fisiologie department by die Noordwes Universiteit. Addisioneel vorm sy ook deel van die Hipertesie in Afrika Navorsingspan waar sy kardiovaskulêre navorsing doen. Sy is die hoofnavorser van die Sympathetic activity and Ambulatory Blood Pressure in Africa studie. Haar eie navorsing ondersoek metaboliese, kardiovaskulêre en leefstyl merkers en hoe dit verband hou met mikrovaskulêre veranderinge, veral in die Suid-Afrikaanse populasie.
Dr Adriaan Jacobs
Senior Lektor +27 18 299 2438 adriaan.jacobs@nwu.ac.za F12-111, Potchefstroomkampus, Potchefstroom MSc in Biochemie, PhD in Fisiologie Metabolisme, biomerkers, kardiovaskulêre fisiologieDr Jacobs is 'n Senior Lektor in die Departement Fisiologie en doen navorsing binne die Hipertensie in Afrika Navorsingspan. Hy het 'n MSc in Biochemie (met 'n spesifieke fokus op metabolisme) en het etlike jare ondervinding as 'n laboratoriumtegnikus in diagnostiese en navorsingslaboratoriums. Sy PhD in Kardiovaskulêre Fisiologie het gefokus op die verband tussen plasminogeenaktiveerder-inhibeerder-1 en vaskulêre struktuur en funksie. Sy huidige navorsingsbelangstellings sluit in biomerkers en hul assosiasie met lewenstylfaktore en kardiovaskulêre siektes.

Dr Esmé Jansen van Vuren
Senior Lektor +27 18 299 2080 esme.jansenvanvuren@nwu.ac.za F12-106, Potchefstroomkampus, Potchefstroom PhD in Fisiologie Kardiovaskulêre en NeuropsigofisiologieDr Jansen van Vuren is 'n senior lektor en navorser op die gebied van Fisiologie. Haar navorsingsbelangstellings is om kardiovaskulêre siektes en psigiatriese versteurings as mede-morbiditeite in Afrika-bevolkings te ondersoek. Sy is 'n lid van die American Heart Association (AHA), Physiology Society of Southern Africa (PSSA) en die Southern African Neuroscience Society (SANS).

Me Cynthia Ramotsehoa
Senior Lektor +27 18 299 2062 cynthia.ramotsehoa@nwu.ac.za F12-113, Potchefstroomkampus, Potchefstroom MSc in Beroepshigiëne Beroepshigiëne
Dr Hlengiwe Mbongwa
Senior Lektor +27 18 389 2807 hlengiwe.mbongwa@nwu.ac.za A13-102, Mahikengkampus, PhD, MBA Diabetes, farmakognosieDr. Mbongwa is as 'n Senior Lektor by die Departement Fisiologie, NWU sedert 2021 aangestel. Sy het 'n Ph.D. in Biochemie by NWU en 'n MBA by UKZN. Sy is ook 'n wetenskaplike navorser binne die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART). Haar navorsingsareas van belangstelling sluit in tipe II diabetes (T2DM), swangerskapsdiabetes en farmakognosie (plante of alternatiewe natuurlike bronne wat vir medisinale doeleindes gebruik word). Sy is 'n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Biochemie en Molekulêre Biologie (SASBMB) en die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Mensgenetika (SASHG).
Dr Annemarie Wentzel
Senior Lektor +27 18 299 2436 annemarie.wentzel@nwu.ac.za F12-108, Potchefstroomkampus, PhD Fisiologie, MSc Fisiologie, Diploma in Geestesgesondheid (DipMH) Neuro-kardiologie en kardiometaboliese stresreaktiwiteitDr Wentzel is 'n senior lektor en navorser in Fisiologie. Sy fokus op die ondersoek van die fisiologiese meganismes wat geaktiveer word tydens akute en chroniese kardiometaboliese, hidrodinamiese en psigologiese stresreaksies binne gesonde en risiko-bevolkings. Uiteindelik wil sy ondersoek instel na hoe hierdie meganismes kan verskil in, en vertaal na spesifieke gesondheidsuitkomste (spesifiek diabetes, beroerte en koronêre arteriële siekte). Sy is 'n lid van die American Heart Association (AHA), American Autonomic Society (AAS), South African Heart Association (SAHA) en Physiological Society of South Africa (PSSA).
Ondersteuning

Me Corlè Conradie
Administratiewe beampte +27 18 299 2433 Corle.Conradie@nwu.ac.za F12-122, Potchefstroomkampus, Potchefstroom BA Administratiewe Beampte vir die Vakgroep Fisiologie en die Sekretaresse van die skooldirekteurMe Ellen Sekolo
Senior Administratiewe Assistent +27 18 299 2745 ellen.seokolo@nwu.ac.za F12-121 Potchefstroomkampus, Potchefstroom Finansies vir Fisiologie en BeroepshigiëneMr Nevah Joubert
Laboratoriumtegnikus +27 18 299 2745 28430972@nwu.ac.za F12-121, Potchefstroomkampus,Mnr Zaakir Lambat
Senior Laboratoriumtegnikus, Gesondheid en Veiligheidsverteenwoordiger +27 18 299 2078 24222704@nwu.ac.za F12-G19, Potchefstroomkampus, Potchefstroom MSc in Beroepshigiëne