Oor ons

Welkom by die Skool vir Verpleegkunde

Visie

Die Skool vir Verpleegkunde (SONS) se visie is gekoppel aan die NWU-Potchefstroomkampus (PUK), en streef daarna om uit te reik na die volle spektrum van Suid-Afrikaners deur ʼn waardegedrewe verskil te maak deur middel van toekomsgeoriënteerde lewenslange leer, navorsing en geesdriftige gemeenskapsontwikkeling.

Missie

Die Skool vir Verpleegkunde onderneem om behoeftes en geleenthede te identifiseer en proaktief daarop te reageer, met in agneming van Batho Pele-beginsels en ʼn etos wat geregtigheid, menslikheid, gelykheid, vryheid en verantwoordelikheid omvat.

Die Skool vir Verpleegkunde streef daarna om studente wetenskaplik, professioneel en persoonlik in verpleging en gesondheidsorg te ontwikkel tot die ervaring van vervulling van hul roeping en diens aan hul gemeenskap te voorsien. Die Christelike wêreldbeskouing is sentraal tot vervulling van ons roeping en dienslewering.

Die Skool vir Verpleegkunde wil die trotse tradisie van vakkundigheid in die gemeenskapskonteks voortsit, gegrond op wetenskaplike denke, professionele vaardighede en positiewe gesindheid by die fasilitering van gesondheidsorg en gemeenskapsontwikkeling wat tersaaklike vereistes betref.

Die Skool vir Verpleegkunde streef daarna om hoë gehalte navorsing binne die Noordwes Provinsie en die groter Suid-Afrika uit te voer deur middel van gefokusde projekte, optimale aanwending van hulpbronne en verkenning, uitbreiding, fasilitering en kennistoepassing tot verbetering van gesondheidsdiens en praktyk, onderrig van gesondheidswetenskappe, gesondheidsorgdiens-bestuur en die gemeenskap.

Die Skool vir Verpleegkunde se bestuur funksioneer binne die NWU se strategieë en is ingestel op deursigtigheid, deelname en verantwoordelikheid om die positiewe ewewig van SONS se karakter te handhaaf, te aktualiseer, te ontwikkel en dit aan die gemeenskap en gesondheidsdienste oor te dra. Die visie en missie van die Noordwes-Universiteit is nodig om ons akademiese praktyk te lei maar, omdat ons in die verpleegprofessie staan, word ons ook gelei deur ʼn professionele liggaam wat die verantwoordelikheid het om professionele verpleegkundiges en verloskundiges te bestuur en dus die publiek te beskerm.

Integrasie met Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging

Jou opleiding as ʼn BCur-student in die Skool vir Verpleegkunde op die NWU-Potchefstroomkampus vereis integrasie met en voldoening aan die vereistes van die NWU en die professionele liggaam: die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV).

Hierdie integrasie kan as volg uitgebeeld word: