Neurowetenskappe en Neuroterapie

Die lede van hierdie subprogram se kundigheid is op die gebied van chemiese sintese van organiese verbindings, fisies-chemiese eienskappe, struktuur-aktiwiteit-verwantskap en geneesmiddelontwerp, metabolisme, aangebore metaboliese foute en analitiese metode-ontwikkeling.

Navorsingsonderwerpe

  • Geneesmiddelontwerp vir membraandeurlatendheid en neurobeskerming.
  • Metabolisme en toksisiteit in neurodegeneratiewe versteurings.
  • Gedrags- en neurochemiese effek van akute en chroniese antidepressanttoediening en -onttrekking.
  • Farmakologiese en neurochemiese studies in ’n dieremodel van obsessief-kompulsiewe versteuring (OKV).
  • Gedrags- en neurochemiese studies in ’n dieremodel van posttraumatiese stresversteuring (PTSV).

 

NAGRAADSE PROGRAMME


Magister Scientiae (MSc) Farmakologie

Programkode:      8DF N01
Kurrikulumkode:  G801P
Modulekode:        FKLG 871 [Farmakologie]

Die minimum duur van die studie is een jaar en die maksimum duur is twee jaar, bereken vanaf die datum van eerste registrasie vir die betrokke program. Die fakulteit se besluit is gebaseer op die subsidiemodel vir universiteite en mag verskil van ander fakulteite of regulasies.
Alhoewel ‘n maksimum akademiese tydperk van twee jaar deur die Fakulteit vergun word moet studente wie aansoek doen vir ‘n verlengde studietydperk van drie jaar volgens die Akademiese reëls van die Universiteit kennis neem dat dit verswarende finansiële verpligting inhou.
Die MSc graad in Farmakologie is ‘n navorsingsgebaseerde graad en bestaan uit ‘n navorsingsprojek en die skryf van ‘n verhandeling in Farmakologie. Die doel van die kurrikulum is om in Suid-Afrika se behoefte te voorsien aan hoë-vlak mensekapitaal in die toepaslike gesondheidsprofessie. Die student sal hom/haar onderskei as ‘n spesialis in sy/haar betrokke gekose veld (program) en sal bevoeg wees om navorsingsmetodologie op die vlak en in die betrokke veld van studie toe te pas.
Die kurrikulum word op ‘n voltydse in Afrikaans en Engels aangebied.

 

Toelatingsvereistes:

 

  • ‘n Vierjarige BPharm graad of ‘n BSc(Farm) graad met ‘n toepaslike honneursgraad of ‘n kwalifikasie wat deur die Senaat as gelykwaardig beskou word. In die laasgenoemde gevalle sal addisionele kursuswerk vereis word soos deur die spesifieke subprogramleier bepaal.
  • Studente wat nie oor ‘n BPharm graad beskik nie sal op grond van voorafgaande leer oorweeg word.
  • 60% word vereis vir modules gedurende die eerste semester in die vierde jaar BPharm studie.
  • Keuring behels die indien van ʼn formele aansoekvorm, ‘n interne seleksievorm en curriculum vitae deur die applikant asook ʼn moontlike onderhoud deur die subprogramleier en navorsers.
  • Die navorsingsdirekteur kan toelating tot ‘n kurrikulum weier indien die standaard van bewaamheid wat die student tevore in die betrokke vak(ke) waarin hy/sy verder wil studeer bereik het, nie aan die betrokke kurrikulumvereistes voldoen nie.

 

Philosophiae Doctor (PhD) Farmakologie

Programkode:      8CC R03
Kurrikulumkode:  G901P
Modulekode:        FKLG 971 [Farmakologie]
Die doktorsgraad is ‘n navorsingsgebaseerde graad en bestaan uit ‘n studie (navorsingsprojek) en ‘n proefskrif in Farmakologie.
Die kurrikulum word op ‘n voltydse basis in Afrikaans en Engels aangebied.
Die doel van die hierdie kurrikulum is tweeledig, naamlik
  • eerstens om die student wat reeds die vlak van ‘n meestersgraad in die farmaseutiese wetenskappe en praktyk bereik het, om deur ‘n doktorale proefskrif te toon dat hy/sy ‘n betekenisvolle bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van (1) nuwe wetenskaplike kennis en/of (2) nuwe vaardighede in ‘n bepaalde navorsingsveld en sodoende ‘n waardetoevoeging gemaak het tot die gemeenskap in die velde van kennis en vaardighede in sy/haar betrokke veld; en
  • tweedens om Suid-Afrika te voorsien van gevorderde farmaseutiese wetenskaplikes en praktiserende mensekapitaal met gevorderde teoretiese en praktiese kennis in verskillende farmaseuties-wetenskaplike en praktyk dissiplines. Deur hierdie kwalifikasie dra die student by tot verbreeding van die leierskapsbasis vir innoverende en kennis-gebaseerde ekonomiese en skolastiese aktiwiteite in die land.

Toelatingsvereistes:
  • ‘n Meestersgraad of gelykwaardige kwalifiikasie soos deur die Senaat goedgekeur in die bepaalde spesialisveld.
  • Keuring behels die indien van ‘n formele aansoek en curriculum vitae deur die applikant asook ‘n moontlike onderhoud deur die subprogram leier en navorsers..
  • Toelating kan geweier word indien die standaard van bewaamheid wat die student tevore in die betrokke vak(ke) bereik het en waarin die student verder wil studeer, nie aan die program-/kurrikulumvereistes voldoen nie.
  • In die geval waar ‘n student toegelaat word om ‘n proefskrif in die vorm van navorsingsartikels aan te bied, geld die bepalings van die Algemene reëls.