Nuusflits

3D-drukker die eerste van sy soort in Afrika

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens bewys dat hulle vasberade is om baanbrekernavorsing op die gebied van gesondheid te doen.

Die universiteit het onlangs die Cellink BioX 3D-biodrukker, die eerste van sy soort nie net in Suid-Afrika nie, maar ook op die Afrika-vasteland, aangekoop.

LEES MEER HIEROOR ...... http://news.nwu.ac.za/af/nwu-se-3d-drukker-die-eerste-van-sy-soort-afrika

 

Navorsingsartikel deur Dr Chrisna Gouws by Pharmacen™ oor tradisionele medisyne lok groot belangstelling in Afrika uit.

Die oogmerk van die artikel was grootliks die bewusmaking onder die algemene publiek van potensiële interaksie tussen tradisionele medisyne en Westerse voorskrifmedikasie. 

Die belangstelling in die artikel is wyd in Afrika uitgelok tot sover as Ghana en Kenia.  Daar is selfs ‘n YouTube Video deur Zim Radio daaroor gemaak.

Lees verder …

https://theconversation.com/traditional-african-medicine-and-conventional-drugs-friends-or-enemies-92695

https://www.youtube.com/watch?v=xDvDmOi0CdI

 

 

PHARMACEN™ PERSONEEL AS LEDE VAN DIE NASIONALE GESONDHEIDS-
NAVORSINGSKOMITEE BENOEM

'n Nasionale eer het pas twee van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kundiges te beurt geval. Prof Jeanetta du Plessis en Prof Richard Gordon,
albei van die Sentrum van Uitnemendheid in Farmaseutiese Wetenskappe (Pharmacen™), is as lede van die Nasionale Gesondheidsnavorsing-
komitee benoem.

Lees meer ... by http://news.nwu.ac.za/af/minister-stel-twee-nwu-kundiges-aan