Tuis

Die Sentrum van Uitnemendheid vir Farmaseutiese Wetenskappe (Pharmacen™) is ‘n navorsingsentiteit met ‘n duidelik afgebakende fokus.  Ons programme is in lyn met nasionale prioriteite en het ook ‘n internasionale navorsingsimpak.  Pharmacen™ bestaan tans uit drie programme, naamlik:

  • Neurowetenskappe en Neuroterapie;
  • Geneesmiddelaflewering; asook
  • Geneesmiddelontdekking. 

Ons hoofaktiwiteite resorteer onder die volgende navorsings- en funksionele groepe:

  • Dieremodelle vir angs/stressversteurings (MNR Eenheid), 
  • Nuwe geneesmiddelontwikkeling in neurobeskerming,
  • Inheemse kennis: Phyto-chemie en etno-farmakologie,
  • Bio-farmaseutika en geneesmiddelafleweringsisteme;
  • Vastetoestand farmaseutiese innovasie en nanotegnologie;
  • Kosmeseutiese navorsing;
  • Analitiese tegnologie laboratorium; en die
  • Laboratorium vir toegepaste molekulêre biologie.