Tuis

Welkom by AUTHeR

Die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (Africa Unit for Transdisciplinary Health Research – AUTHeR) doen multidissiplinêre, interdissiplinêre en transdissiplinêre navorsing om sodoende realistiese oplossings vir daadwerklike uitdagings rondom gesondheid en welstand te bied. Navorsers word bemagtig om gebruik te maak van die konsepte en metodes van ander dissiplines om nuwe oplossings vir komplekse gesondheidskwessies te bied. Alhoewel AUTHeR geposisioneer is binne die Fakulteit van Gesondheidswetenskappe, funksioneer dit oor dissiplinêre grense heen en is dit daarom die ideale navorsingsomgewing wanneer komplekse navorsingsprobleme nie binne een dissipline opgelos kan word nie. Daarmee saam is AUTHeR bekend vir gemeenskapsgebaseerde deelnemende aksienavorsing, gemeenskapsbetrokkenheid en -integrasie, en ʼn holistiese benadering tot navorsing.

Navorsing binne AUTHeR het ʼn multidimensionele werklike impak op die samelewing. AUTHeR se navorsing fokus op drie gebiede, naamlik 1) gesondheidsbevordering en die aktivering van welstand; 2) volhoubare diëte as ʼn noodsaaklike deel van welstand aktivering; en 3) volhoubare gemeenskapsontwikkeling. Hierdie areas sinkroniseer met die strategiese prioriteite van die breër Suid Afrikaanse gesondheidsarena. Alle programme en projekte binne AUTHeR word uiteengesit aan die hand van ses dimensies van holistiese gesondheid (fisiese gesondheid; psigososiale welstand; volhoubare diëte en voedselstelsels; verbruikersbelang en -welstand; etiek; en omgewings en ekonomiese faktore). 

CIR Kantoor

AUTHeR se Gemeenskapsgeïntegreerde navorsing (Community Integrated Research - CIR) kantoor bied innoverende maniere om gemeenskapsgeïntegreerde aktiwiteite te bestuur, fasiliteer, en monitor.

Vir verdere inligting en om gebruik te maak van hierdie diens kliek hier.