PhD in Transdissiplinêre Gesondheidswetenskappe

 

Die dinamiese en komplekse wêreld van gesondheid noodsaak ʼn transdissiplinêre en holistiese benadering om alledaagse uitdagings te verstaan en gepaste oplossings te vind. Die PhD in Transdissiplinêre Gesondheidswetenskappe is spesifiek saamgestel om kandidate in staat te stel om oor hulle dissiplines se grense heen te kan strek.

 

Die doel van die PhD in Transdissiplinêre Gesondheidswetenskappe:

Gesondheidswerkers wat hierdie kwalifikasie verwerf het sal bevoeg wees om met gevorderde intellektuele en praktiese vaardighede binne komplekse en swak gedefinieerde areas van gesondheid te werk. Hulle sal die vermoë hê om te fokus op ʼn transdissiplinêre spanbenadering met betrekking tot omvattende gesondheid en welstand oor die totale lewensduur. Hulle sal die geleentheid gegun word om voort te bou op hulle bestaande mono- en multidissiplinêre kennis as basis deur middel van transdissiplinariteit. Die program sal kandidate toerus om navorsing op ʼn hoë vlak uit te voer om so belangrike oorspronklike akademiese bydraes te lewer binne transdissiplinêre gesondheidswetenskappe. Die kwalifikasie lei egter nie tot ’n bykomende professionele kwalifikasie nie. Die program sal gesondheidswerkers uit verskeie dissiplines in staat stel om gemeenskappe by te staan om beter beheer uit te oefen oor hulle eie gesondheid en welstand. Die gesondheidswerkers sal in staat wees om as leiers, konsultante, opvoedkundiges, spesialis praktisyns en navorsers binne transdissiplinêre gesondheidswetenskappe op te tree. Hierdie kwalifikasie is die hoogste kwalifikasie wat aangebied word aan gesondheidswerkers, en sal leierskapsbevoegdheid binne transdissiplinêre gesondheid verhoog.

Doen aansoek.

 

Vir verdere inligting, kontak Prof Petra Bester.