Nagraadse programme

Twee nuwe kwalifikasies is ontwikkel en word tans deur die CHPE aangebied:

  1. ’n Meestersgraad in Gesondheidswetenskappe en Gesondheidsberoepe-onderrig
  2. ’n DPhil in Gesondheidswetenskappe met Gesondheidsberoepe-onderrig

Die doel van albei hierdie kwalifikasies is om aan gesondheidskundiges wat in ’n hoëronderwyskonteks werk die geleentheid te gee om in gesondheidsonderrigkundiges te ontwikkel. Albei hierdie programme fokus op navorsing van die vakkundigheid van onderrig en leer (VvOL) in gesondheidswetenskappe. Meer inligting is op die NWU-webwerf beskikbaar.