Navorsing

 

Ondanks beroepsgesondheid en veiligheid wetgewing word daar geskat dat daar wêreldwyd 2,3 miljoen wekrers elke jaar sterf as gevolg van beroeps-ongelukke en werkverwante (beroep) siektes, met laasgenoemde wat toereken vir twee miljoen sterftes. Verder word daar geskat dat 160 miljoen werkers ly aan beroepsiektes.  Teen hierdie agtergrond is OHHRI gevestig in 2015 as ’n Nisarea in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. Ons focus behels die antisipasie, erkenning, evaluering en beheer van chemiese en fisiese stressors (faktore) wat ’n risiko inhou vir die gesondheid van werkers in Suid Afrikaanse werksplekke. Hoewel die focus primêr is op beroepshigiëne navorsing, is die uiteindelike doel daarvan om werkergesondheid te bevorder en die ontwikkeling van beroepsiektes te voorkom deur die daarstel van werksplekke wat nie nadelig is vir gesondheid nie.

Bo en behalwe beroepshigiëne kundigheid en ontwikkelende bekwaamheid van ons navorsers en ’n uitgebreide versameling van gespesialiseerde navorsings-instrumente, word ons kompterende voordeel toegeskryf aan: (i) ons spesifieke focus op beroepshigiëne navorsing, terwyl ander universitiete hoofsaaklik navorsing doen in beroepsgesondheid, omgewingsgesondheid en openbare gesondheid; (ii) ons geskiedenis van, en voortgesette samewerking met die industrie, in besonder die platinummyn-industrie; en (iii) ons gestruktureerde MSc graad in beroepshigiëne, wat nie by een ander Suid Afrikaanse universiteit aangebied word nie.

Navorsingsamewerking is nie net beperk tot industrie vennote nie, en samewerking bestaan ook met ander navorsings-entiteite van die NWU, ander nasionale en internasionale universiteite en navorsings-instansies.

 

Vir meer inligting, besoek die Beroepshigiëne en Gesondheid Navorsingsinisiatief (OHHRI) bladsy.