Navorsing

 

Nano- and mikroleweringstelsels: die Pheroid-verhaal

Kliënte het ’n aantal produkte in die mark vir farmaseutiese, kosmeseutiese, voedings- en algemene aanvullings vir formulering met behulp van Pheroid®-tegnologie geïdentifiseer.

’n Pheroid® is ’n sel wat verantwoordelik is vir lewering met behulp van Pheroid-tegnologie en kan gebruik word om produkte  te verpak sonder die behoefte aan gesofistikeerde prosedures en oordragmolekules, en kan vir ’n aantal toepassings soos medisyne, smeermiddels en rome, voedselaanvullings en kosmetiekware gebruik word.

  

Figuur: Pheroid

Kliënte verteenwoordig verskillende sektore en sluit die akademie sowel as die bedryf in – van menslike gesondheid en welsyn tot entstowwe en terapieë vir dieregesondheid. Die teikenmark is plaaslike sowel as uitvoermarkte.

Pheroid-tegnologie word in verskeie toepassings gebruik.

Die belangrikste voordele van Pheroid is die gevorderde ontwikkelingsvlak van die tegnologie, die wye toepassingsveld van die tegnologie ten opsigte van die lewering van verskillende chemiese verbindings, die vermoë om die Pheroid by verskillende soorte toedieningsmetodes aan te pas, en die lae koste en maklike vervaardiging van die Pheroid.

     

Prekliniese studies

(sien Vivarium)

Alle studies wat in die prekliniese platform uitgevoer word, is aan goedkeuring deur erkende etiekkomitees onderhewig.  Studies wat in middelontwikkeling in die PKGOP gebruik word, voldoen aan GLP.
Hier is ’n paar van die dienste wat ons lewer:

  • Farmakokinetiese/farmakodinamiese studies
  • Veiligheids-/toleransiestudies
  • Gedragstudies
  • Effektiwiteitsmodelle/-studies
  • Metabolisme (ensieme, transporters, middeluitstroming)
  • Teling
  • Evaluering van in vivo- en in vitro-toksisiteit
  • Pletismografie van die hele liggaam en oopveld-mobiliteitsmonitering
  • Kardiovaskulêre telemetrie

 

Radiofarmaseutiese middels en radio-opspoorders

’n Radioaktiewe opspoorder, of radioaktiewe merker, is ’n chemiese verbinding waar een of twee atome deur ’n radio-isotoop vervang is. Dit kan dus op grond van sy radioaktiewe verval gebruik word om die basis van verskeie mediese diagnostiese beeldstelsels soos positron-emissietomografie- (PET-) en enkelfoton-emmissierekenaartomografie-skanderings (SPECT-skanderings) te vorm.  Radioaktiewe opspoorders kan ook gebruik word in middelontwikkelingsnavorsing om die bioverspreidingsprofiele van geneesmiddels en middelafleweringsmediums te ondersoek.

Radiofarmaseutiese middels is middels wat ’n beperkte mate van radioaktiwiteit het. Dit word gewoonlik in kernmedisyne gebruik as alternatief vir die standaard bestraling vir die behandeling van sekere kankers, asook as ’n diagnostiese instrument om deur middel van PET- en SPECT-skanderings beter interne beelding van sekere organe en arteries te kry.

Xeno-oorplantingstudies word tans in die PKGOP uitgevoer om kanker- en ander behandelings te evalueer.

Bioanalise

(sien bioanalitiese laboratorium)

Prekliniese middelontwikkelingsnavorsing vereis die bioanalise van biologiese monsters.  ’n Funksionele bioanalitiese laboratorium met LCMS/MS is gestig en die bloedmonsters van die eerste studie (bepaling van tenofovir in bloedmonsters) is ontleed. Die stelsel en laboratorium is gevalideer en by ons aansoek vir GLP-akkreditasie by SANAS ingesluit.