Nagraadse studies

SUV bied die volgende nagraadse studies aan:

MSc in Voeding (vol navorsing)

Die minimum duur vir die studie is een jaar en die maksimum duur twee jaar. Die student moet in besit wees van 'n vier-jaar BSc Dieetkunde/Voeding-graad, 'n toepaslike honneursgraad of gelykwaardige kwalifikasie op NKR-vlak 8 soos goedgekeur deur 'n nagraadse keurkomitee. Die studente volg 'n navorsingskurrikulum en dien 'n navorsingsverhandeling in nadat hulle die studie voltooi het. Die program word op 'n voltydse en deeltydse basis aangebied en die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Augustus waarna die keuringsproses sal begin.

MSc in Voeding met Terapeutiese Voeding

Die minimum duur vir die studie is een jaar en die maksimum duur twee jaar. Die student moet in besit wees van 'n vier-jaar BSc Dieetkunde-graad, 'n toepaslike honneursgraad of gelykwaardige kwalifikasie. Die studente volg 'n kurrikulum wat bestaan uit drie gedoseerde modules (30 krediete elk) en 'n skripsie (90 krediete). Die program word op 'n voltydse en deeltydse basis aangebied en die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Augustus waarna 'n keuringsproses sal begin.

MSc in Voeding met Voeding Wetenskap

Die minimum duur vir die studie is een jaar en die maksimum duur twee jaar. Die student moet in besit wees van 'n vier-jaar BSc Dieetkunde/Voeding-graad, 'n toepaslike honneursgraad of gelykwaardige kwalifikasie soos goedgekeur deur 'n nagraadse keurkomitee. Die studente volg 'n kurrikulum wat bestaan uit drie gedoseerde modules (30 krediete elk) en 'n skripsie (90 krediete). Die program word op 'n voltydse en deeltydse basis aangebied en die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Augustus waarna 'n keuringsproses sal begin.

MSc in Voeding met Kerntegnieke

MSc in Voeding met Openbare Gesondheid Voeding

PhD met Voeding

Die minimum duur vir die studie is twee jaar en die maksimum duur drie jaar. Studente sal slegs tot die PhD-graad in hierdie program toegelaat word indien hulle in besit is van 'n MSc-graad in Voeding of Dieetkunde of 'n gelykwaardige kwalifikasie op NKR-vlak 9 soos goedgekeur deur 'n nagraadse keurkomitee. Die doel van die PhD-graad is om aan die student in die veld van Voeding die geleentheid te bied om deur middel van 'n doktorale proefskrif aan te toon dat hy/sy 'n beduidende bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van (1) nuwe wetenskaplike kennis, en/of (2) nuwe vaardighede in 'n spesifieke navorsingsveld. Die tweede doel van die kwalifikasie is om Suid-Afrika te voorsien van wetenskaplike navorsers wat oor 'n breë teoretiese kundigheid en praktiese vaardighede in die voedingwetenskap beskik. 'n Bydrae sal dus gelewer word tot die verbreding van die leierskapbasis vir innoverende en kennisgebaseerde voedingsorg in die land. Die algemene sluitingsdatum vir aansoeke is 30 September. Studies kan voltyds of deeltyds uitgevoer word.

PhD met Dieetkunde

Die minimum duur vir die studie is twee jaar en die maksimum duur drie jaar. Studente sal slegs tot die PhD-graad in hierdie program toegelaat word indien hulle in besit is van 'n BSc Dieetkunde-graad sowel as 'n MSc-graad op NKR-vlak 9 in Dieetkunde of Voeding. Die doel van die PhD-graad is om die student in die veld van Dieetkunde die geleentheid te gee om aan te toon dat hy/sy 'n beduidende bydrae gelewer het met 'n doktorale proefskrif tot die ontwikkeling van (1) nuwe wetenskaplike kennis, en/of (2) nuwe vaardighede in 'n bepaalde navorsingsveld. Die tweede doelwit van die kwalifikasie is om Suid-Afrika te voorsien van wetenskaplike navorsers wat oor breë teoretiese kundigheid en praktiese vaardighede in Voedingkunde beskik. Deur dit te doen, sal 'n bydrae gelewer word tot die verbreding van die leierskapbasis vir innoverende en kennisgebaseerde voedingsorg in die land. Die algemene sluitingsdatum vir aansoeke is 30 September. Studies kan voltyds of deeltyds uitgevoer word.

Gedetailleerde inligting is in die jaarboek beskikbaar.