Ten einde deursigtigheid en dienstigheid binne die Etiekkantoor en die etiekkomitees te verseker, is daar 'n duidelike prosedure in plek wanneer 'n klagte ontvang word (soos aangedui in die aangehegde SBP).
Hierdie SBP hanteer drie tipes klagtes:
-
Klagtes van navorsers oor 'n lid van die HREC/AnimCare of die HREC/AnimCare self.
-
Klagtes van 'n lid van die HREC/AnimCare of die HREC/AnimCare self oor 'n navorser.
-
Klagtes wat ontvang is van 'n navorsingsdeelnemer, medenavorser, navorsingsassistent, of belangstellende lid van die gemeenskap oor navorsingsgedrag en/of die navorser.
Indien u 'n klagte aanhanging wil maak, rig dit asb. aan die volgende individue (vir HREC en AnimCare, onderskeidelik).
Standaardbedryfsprosedure vir klagtes
HREC Klagtes:
Mev Carolien van Zyl
Senior Administratiewe Assistent
+27 18 299 1206
Ethics-HRECApply@nwu.ac.za
Gebou G16, Kamer 135, Potchefstroom
AnimCare Klagtes:
Mev Hildah Kilani
Senior Administratiewe Assistent
+27 18 299 1208
Ethics-AnimCare@nwu.ac.za
Gebou G16, Kamer 138, Potchefstroom