Van die Waarnemende Direkteur
Beste BCur-student
Welkom by die Skool vir Verpleegkunde in ʼn nuwe jaar met nuwe verwagtinge en uitdagings! Om ʼn Verpleegkundestudent op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit te wees sal altyd ʼn spesiale voorreg wees. Verpleegkundestudente op hierdie kampus staan bekend vir hul betrokkenheid by die gemeenskap en hul sorgsaamheid en welwillendheid teenoor medestudente. Die Skool vir Verpleegkunde het ʼn uitmuntende geskiedenis van die opleiding van uitstekende professionele beroepslui wat ʼn uitsonderlike verskil maak waar hulle aangestel word nadat hulle hul studies voltooi het.
ʼn Spesiale welkom aan die eerstejaarstudente. Ons vertrou dat jul studies en ervaring aan die NWU ʼn verskil aan jul toekoms sal maak. Aan ons bestaande studente, welkom terug en dankie dat julle voortgaan om ons trots te maak. Ek vertrou opreg dat julle ʼn positiewe jaar sal hê en die uitkomste en hoë verwagtinge bereik wat die gemeenskap, die NWU en die Skool vir Verpleegkunde aan julle as ʼn PUK-verpleegkundestudent stel.
Mev. Elsabé Bornman
Waarnemende Direkteur: Skool vir Verpleegkunde