FORT

 

Oorsig

Die FORT-navorsingsprogram (forté = krag) sluit verskeie spanne se navorsingsprojekte in. Hierdie projekte fokus daarop om die aard, voorkoms, patrone, dinamika en die bevordering van sielkundige welstand in verskeie kontekste te ondersoek. Die program fokus verder op die validasie van psigometriese instrumente vir die Suid-Afrikaanse en internasionale kontekste. Die FORT-projekte vul mekaar aan: FORT1 = ’n Trans-universitêre navorsingsprogram in Fortologie: Verduideliking en bevordering van psigososiale welstand in volwassenes en kinders in verskeie kontekste; FORT2 = Die verstaan en bevordering van psigososiale gesondheid, veerkrag en sterkpunte in ’n Afrika-konteks; en tans FORT3 = Die voorkoms van vlakke van psigososiale gesondheid: dinamika en verhoudinge met biomerkers van (swak) gesondheid in Suid-Afrikaanse sosiale kontekste. FORT3 pas in by die internasionale Eudaimonic Hedonic Happiness Investigation (EHHI) projek waarby ons betrokke is. Twee onlangse subprojekte in FORT3 is: 1) Betekenis en verhoudingswelstand as kernfasette van goeie funksionering en psigososiale gesondheid, en; 2) Betekenis, verwantskap en kulture van positiwiteit: Maatstawwe, dinamika en modelle.

Ons konseptualiseer gesondheid en welstand as multidimensioneel (fisies, psigologies, sosiaal en geestelik) en as meer as net die afwesigheid van simptome en patologie. Ons aanname is dat dit nie genoeg is om probleme op te los nie, maar dat ons ook biopsigososiale sterkpunte en vaardighede moet ontwikkel om buffers te ontwikkel teen die risiko’s vir swak gesondheid. Sulke intervensies sal meer koste-effektief wees en die lewenskwaliteit van baie mense verbeter, nie net diegene met siektes nie.

Oor die algemeen fokus FORT daarop om psigososiale welstand en sterkpunte op individuele en groepsvlak te verstaan en om te verstaan wat die lewe die moeite werd maak vir mense in verskillende kontekste en hoe dit korreleer met verskeie sosio-demografiese en fisiese veranderlikes. FORT oorweeg ook hoe psigososiale welstand gemeet kan word op ’n geldige en betroubare manier in diverse kontekste met die gebruik van moderne psigometriese tegnieke. Die projekte ondersoek ook die voorkoms van psigososiale welstand in die Afrika-konteks. Daarmee saam ontwikkel en evalueer ons programme wat spesifieke Afrika-kontekste aanspreek om psigososiale welstand te verbeter. Laastens dra ons by tot die ontwikkeling van teoretiese modelle van psigososiale gesondheid om leiding te gee met navorsing en intervensies.

 

Die span

Prof Marié Wissing

Prof Lusilda Schutte

Me Christelle Liversage

 

Huidige navorsingsprojekte

FORT3 fokus op die voorkoms van vlakke van psigososiale gesondheid: dinamika en verhouding met biomerkers van (swak) gesondheid in Suid-Afrikaanse sosiale kontekste. Die projek skakel in sommige gevalle met ander multidissiplinêre projekte in die Afrika Eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR), soos PURE-SA. FORT3 oorvleuel ook met die internasionale EHHI (Eudaimonic–Hedonic Happiness Investigation) projek. Subprojekte sluit in: 1) Betekenis en verhoudingswelstand as kernfasette van goeie funksionering en psigososiale gesondheid; 2) Betekenis, verwantskap en kulture van positiwiteit: Maatstawwe, dinamika en modelle, en; 3) ʼn Begrip van positiewe geestelike gesondheid en die korrelate daarvan in diverse Suid-Afrikaanse steekproewe: ʼn Proaktiewe benadering tot die geestelike gesondheidslas. Huidige subprojekte van FORT3 fokus daarop om psigososiale welstand en sterkpunte op individuele en groepsvlak te verstaan en om te verstaan wat die lewe die moeite werd maak vir mense in verskillende kontekste, wat hulle doelwitte is, wat hulle gelukkig maak, wat hulle belangrikste verhoudinge is, hoe hulle welstand binne hulle gemeenskappe sien, en hoe dit verbind met bio-demografiese en fisiese veranderlikes en indikators van fisiese (swak) gesondheid en ander welstandsfaktore in ʼn Afrika- en multikulturele konteks. Ons ondersoek hoe hierdie dinge saamhang vanuit ʼn perspektief van ʼn interverwante model van welstand.

 

Studeer by ons

Studente wat inskryf vir die MA in Positiewe Sielkunde (MAPP) of ʼn PhD in Gesondheidswetekenskappe met Positiewe Sielkunde kan navorsing doen oor verskeie fasette van psigososiale welstand en die meting en bevordering daarvan.

 

Vir verdere inligting kontak Prof Marié Wissing, Prof Lusilda Schutte, of Me Christelle Liversage.