WIN platform

 

WIN-platform

 

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus fokus op landelike gesondheid, en die WIN-projek is vanuit hierdie fokusarea geïnisieer. Die WIN-projek is ʼn sambreelprojek wat 13 subprojekte van verskillende gesondheidswetenskaplike dissiplines kombineer, met ʼn sterk klem op die vestiging van intersektorale vennootskappe om landelike gesondheid en welstand op ʼn holistiese wyse te verbeter.

Die gemeenskapsprojek het egter die afgelope paar jaar gegroei, met ander fakulteite van die NWU wat by die gesondheidswetenskaplike dissiplines aangesluit het om hierdie hulpbron-arm gemeenskappe te bemagtig en te verbeter deur intersektorale vennootskappe. Ons ​​studente kan ook hierdeur voorberei word vir hulle beroepe, deur werksgeïntegreerde leer en gemeenskapsbevoordelende werkswinkels, opleidingsgeleenthede en intervensies.

In hulle navorsing en/of intervensie-aktiwiteite, het verskillende vakgroepe van elke skool in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe drie belangrike aspekte van landelike gesondheid en welstand hanteer, naamlik (1) fisiese gesondheid (sport- en ontspanningsentrum), (2) sosioëkonomiese en psigososiale welstand (plaaslike klinieke / hospitale), en (3) voedsel- en voedingsekerheid (skool- en gemeenskapsvoedselsekerheid­sentrums/-punte).

Ewe belangrik is die langtermyn- doeltreffende intersektorale vennootskappe met gemeenskappe, plaaslike regerings en ​​die private sektor wat gevestig is om suksesvolle en volhoubare projekuitkomste te verseker. Verder word klem geplaas op die praktiese opleiding van studente in gesondheid en maatskaplike beroepe om kundiges te lewer op die gebied van landelike gesondheid en maatskaplike dienste, wat landelike gemeenskappe in ons land op die lang termyn tot voordeel sal strek.

Veelvlakkige trandissiplinêre navorsing word gedoen oor volhoubare maniere vir mense om ʼn bestaan te maak, sodat kwesbare landelike gebiede bemagtig en onderhou kan word. Hierdie projek bemagtig en verhef landelike gemeenskappe en behels die skep van ʼn omgewing waarin studente betroubare werksgeïntegreerde leer kan ontvang in landelike gemeenskappe, om sodoende opgelei te word as landelike professionele gesondheidspraktisyns.

 

Vir meer inligting, kontak Dr Nicole Claasen