Meestersgraad in Farmasiepraktyk

Die doel van die Magister Pharmaciae in Farmasiepraktyk-kwalifikasie is om nagraadse studente toe te rus om op ’n hoogs funksionele vlak as aptekers te praktiseer. Hulle kan as rolmodelle in die praktyk en toekomstige ontwikkeling van farmasiepraktyk, farmaseutiese stelsels, farmaseutiese openbare gesondheidsorg, farmakowaaksaamheid, farmako-epidemiologie, en farmaseutiese en gesondheidsekonomie optree. Die doel van hierdie kwalifikasie is ook om gegradueerdes vir verdere studie op ’n NKR-vlak 10 voor te berei. 

Die navorsingsentiteit Medisyneverbruik in Suid-Afrika (MUSA) het deur die jare die gebiede hieronder as die mees relevante spesialisasiegebiede in Farmasiepraktyk geïdentifiseer. Dit motiveer ons om aan die nagraadse student die opsie te gee om tussen drie interne programme te kies:
 
Farmakowaaksaamheid en farmako-epidemiologie
Farmaseutiese ekonomie en beleid
Farmaseutiese openbare gesondheidsorgbestuur
 
Die drie programme bou op die kennis, vaardighede, beskouings, en bevoegdheid wat uit ’n geakkrediteerde professionele Farmasie-graadprogram verkry word. Elkeen van die programme bestaan uit vier kernmodules (16 krediete elk) en ’n verhandeling van 116 krediete.
 
Al drie programme word op ’n voltydse en deeltydse basis in Engels aangebied.
 
Die minimum duur van die studie is een jaar en die maksimum duur twee jaar.
 
Aansoeke sluit op 30 September.
 

Magister Pharmaciae in Farmasiepraktyk met Farmakowaaksaamheid en Farmako-epidemiologie 

Die Magister Pharmaciae in Farmasiepraktyk met Farmakowaaksaamheid en Farmako-epidemiologie hanteer die toenemende behoefte aan goed ingeligte kundiges om te werk op alle gebiede wat met die evaluering van geneesmiddelveiligheid en risikovoordele van geneesmiddelgebruik verband hou. Hierdie program sal gesondheidsorgkundiges help om gevorderde kliniese kennis te verwerf en om ’n nuwe geslag gesondheidsorgkundiges op te lei wat op die gebied van Farmakowaaksaamheid en Farmako-epidemiologie werk.

Die struktuur van die program is soos volg:

Kwalifikasie- en programkode: 8ED P01; Kurrikulumkode: G801P​

Kontak ons:

Prof Johanita R Burger

Prof Martie S Lubbe

Magister Pharmaciae in Farmasiepraktyk met Farmaseutiese Ekonomie en Beleid

Die doel van die Magister Pharmaciae in Farmasiepraktyk met Farmaseutiese Ekonomie en Beleid is om gespesialiseerde opleiding in die teorie en praktyk van ekonomie te verskaf soos dit op die lewering van gesondheidsorgdienste, siektes en medisyne van toepassing is. Dit verskaf die ervaring en vaardighede wat vir ingeligte besluitneming oor gesondheidsorgdienste, gevorderde navorsings- en akademiese kapasiteit in hierdie dissipline benodig word. Die program dek kwessies soos gesondheid en gesondheidsorgstelsels, metodes vir ekonomiese evaluering, die stel van prioriteite met behulp van gesondheids- en farmaseutiese ekonomie, farmako-epidemiologie, en die koppelvlak tussen gesondheid- en farmaseutiese ekonomie en gesondheid en farmaseutiese beleid.

Die struktuur van die program is soos volg:

Kwalifikasie- en programkode: 8ED P02; Kurrikulumkode: G801P​

Kontak ons:

Dr Rianda Joubert

Prof Johanita R Burger

Magister Pharmaciae in Farmasiepraktyk met Farmaseutiese openbare gesondheidsorgbestuur

Die Magister Pharmaciae in Farmasiepraktyk met Farmaseutiese openbare gesondheidsorgbestuur is ontwerp met die 21ste-eeuse farmaseutiese openbare gesondheidsorgpraktisyn in gedagte. Hierdie program sal nagraadse studente help om die vermoë te ontwikkel om gespesialiseerde kennis en professionele vaardighede aan te wend om kwessies rakende beheer met betrekking tot die voorraadbestuur van farmaseutiese openbare gesondheid en medisyne in gesondheidsorgstelsels te verstaan. 

Die struktuur van die program is soos volg:

Kwalifikasie- en programkode: 8ED P03; Kurrikulumkode: G801P​

Kontak ons:

Dr Irma Kotzé

Prof Martie S Lubbe

 

Toelatingsvereistes vir die kwalifikasie

  • ’n BPharm-graad of toepaslike gesondheidswetenskapkwalifikasie wat deur die Senaat goedgekeur is, word vereis. 
  • Toelating tot die program/kurrikulum word deur keuring deur die wetenskaplike komitee van die navorsingsentiteit bepaal.
  • Keuring is onderhewig aan akademiese prestasie, praktiese oorwegings en die kapasiteit en kundigheid wat in die navorsingsentiteit en vakgroep beskikbaar is.
  • Daar word aanbeveel dat voornemende studente ten minste ’n gemiddelde van 60% in die eerste semester van die finale jaar van die BPharm-graad behaal (verkieslik vir vierdejaar-BPharm-studente), of ’n ekwivalente bewys van bevoegdheid (byvoorbeeld internasionale studente) voorlê.
  • Praktiese ervaring en vorige leer in die veld van farmasie sal ’n aanbeveling wees.