Tuis

Oorsig

Die navorsingsentiteit “Medisyneverbruik in Suid-Afrika (MUSA)” het die unieke navorsingsdoel om daardie faktore te begryp wat pasiënte se toepaslike gebruik van medisyne binne die Suider-Afrikaanse gesondheidsorgkonteks beïnvloed.

In 2008 is MUSA as ʼn navorsingsnisarea binne die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die NWU gestig; meer spesifiek het die entiteit uit die twee vakgroepe,  Farmasiepraktyk en Kliniese Farmasie, in die Skool vir Farmasie. ontwikkel. Die navorsingsentiteit het in 2023 fokusarea status bereik.

MUSA het homself gevestig as ʼn belangrike rolspeler in die skep van ʼn volhoubare en veilige omgewing vir die gebruik van medisyne, deur  die toegang tot hoë kwaliteit medisyne positief te beïnvloed en die gesondheidsprofiel van die Suider-Afrikaanse gemeenskap te verbeter. Dit word bereik deur relevante en hoé gehalte nagraadse opleiding en navorsing oor die toepaslike gebruik van medisyne deur pasiënte in beide die openbare en privaat gesondheidsorgsektor in Suider-Afrika en deur samewerkende vennootskappe en bemagtiging die kapasiteit van hulpbronne in die veilige gebruik van medisyne te verbeter.

MUSA het ook ten doel om die kennis van relevante teikengroepe te bevorder deur die lewering van innoverende produkte en oplossings.

 

Brosjure