Navorsingsvennootskappe en samewerking

MUSA se uitgebreide nasionale en internasionale samewerkende netwerke fasiliteer die entiteit se toegang tot verskillende praktykverwante data en fasiliteite en het die kwaliteit van ons navorsingsuitsette aansienlik verbeter.

Nasionale navorsingsvennote en samewerking

  • Mediscor PBM (Edms) Bpk is ʼn farmaseutiesevoordele-bestuursmaatskappy wat vir die afgelope 18 jaar,  die navorsingsentiteit (voorheen die vakgroep, Farmasiepraktyk) van medisyne-eisedata vir medisyneverbruik, epidemiologiese, farmako-epidemiologiese en farmaseutiese koste-ontledings voorsien.
  • Die jarelange samewerking met die Suid-Afrikaanse Aptekersraad (SAAR) het gelei tot die implementering van ʼn omvattende navorsings- en gemeenskapsbetrokkenheidsprojek wat uit vier subprojekte bestaan, met die primêre doel om die billike voorsiening van farmaseutiese dienste in Suid-Afrika (2019-2025) te verbeter.
  • Prof J.R. Burger en dr J.M. du Plessis het gedurende 2019-2021 met die Departement Chirurgie van die  Potchefstroom Hospitaal saamgewerk aan ʼn borskankernavorsingsprojek, wat gelei het tot die publikasie van twee artikels.
  • ‘n Huidige navorsingsvennootskap wat  navorsers van verskeie universiteite insluit, naamlik prof N.V. Motaze van die NWU, prof N. du Plessis en prof T. Avenant van onderskeidelik die Departement Pediatrie aan die Universiteit van Pretoria (UP) en die Kalafong Provinsiale Tersiêre Hospitaal, onderskeidelik. Dit sluit verder in  dr A.H. Mazanderani van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die  Universiteit van die Witwatersrand (WITS), die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, en die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens in Johannesburg in. Hierdie samewerking het gelei tot ʼn studie wat gefokus het op Hepatitis A-virus-sero-voorkoms onder kinders en adolessente in ʼn hoë-voorkoms-MIV-omgewing in stedelike Suid-Afrika.
  • Prof N.V. Motaze ondersoek die aanpassing van rubella immunoglobulien G-titers in Suid-Afrika in samewerking met ʼn navorsingsgroep wat bestaan uit prof J. Dushoff (MacMaster Universiteit, SA), prof J. Pulliam (Direkteur van SACEMA en professor in Toegepaste Wiskunde, Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Analise, Universiteit Stellenbosch (US)) en dr M. Suchard (Skool vir Patologie, WITS).
  • Prof Motaze het ook met prof P. Nyasulu (Departement van Globale Gesondheid, VSA) saamgewerk om die epidemiologie van ESKAPE-patogene en Clostridioides by pasiënte met COVID-19 wat in ʼn tersiêre hospitaal in Gauteng, Suid-Afrika opgeneem is, te ondersoek. Ander navorsers sluit in me V. Ngah (US) en me R. Mapuroma (WITS).
  • Van 2014 tot 2022 het MUSA met ander Farmasieskole in die SAOG-streek saamgewerk wat betref die nagraadse opleiding van personeel van Farmasieskole (bv. die Nasionale Universiteit van Lesotho, die Universiteit van Botswana, en die Universiteit van Eswatini).

Internasionale navorsingsvennote en samewerking

  • Op internasionale vlak werk prof J.R. Burger, dr R. Joubert, mev A Naudé, en prof M.S. Lubbe saam met verskeie internasionale navorsers van Swede, Brasilië, Australië, Nederland, die Verenigde Koninkryk, België, Hongarye en die VSA om die uitdagings van medisyneverbruik navorsing in Latyns-Amerika en Afrika, te ondersoek
  • Op internasionale vlak werk prof N.V. Motaze saam met navorsers van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), dr P. Relan, dr O. le Polain, en dr B. Kumar van die George Instituut vir Globale Gesondheid, Nieu-Delhi, Indië, om die erns van die Omicron-variant in vergelyking met die Delta-variant van die Covid-19-virus, te ondersoek.
  • Prof N.V. Motaze werk saam met prof H. Fomundam (Howard Universiteit, VSA en Public Health Palliative Care Institute [PHPCI], SA), mnr H. Nyambi (PHPCI, SA), en prof F. Hyera (Walter Sisulu Universiteit, SA) om ondersoek in te stel na die impak van  ‘Long-Covid’ in die  mynbousektor van Suid-Afrika.
  • Prof N.V. Motaze  werk saam met navorsers van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (dr. L. Kuonza en mev. H. Mdose), die WGO (me C. Tshabane) om  ondersoek in te stel na die  na die tydperk wat die virus in die gasheer gerepliseer en uitgeskei is in  laboratorium-bevestigde COVID-19-gevalle in Suid-Afrika.