Navorsingsubprogramme

Die navorsing in MUSA is gestruktureer binne drie subprogramme, naamlik “Farmakowaaksaamheiden Farmako-epidemiologie”, “Farmaseutiese-  en gesondheidsekonomie” en “Farmaseutiese openbaregesondheidsorgbestuur” wat multidissiplinêr en samewerkend is om die impak daarvan op beide die gesondheidsorgbedryf en die wetenskaplike gemeenskap te versterk. Dit stel die entiteit in staat om die kundigheid van ‘n diverse groep navorsers te kombineer om doeltreffende spanwerk en samewerking tussen eksterne kundiges en interne rolspelers suksesvol te bevorder. Hierdie drie subprogramme is belyn met die drie Magister Pharmaciae nagraadse programme en die PhD in Farmasiepraktyk, naamlik: Magister Pharmaciae in Farmasiepraktyk met Farmakowaaksaamheid en Farmako-epidemiologie; Magister Pharmaciae in Farmasiepraktyk met Farmaseutiese Ekonomie en Beleid; en laastens, Magister Pharmaciae in Farmasiepraktyk met Farmaseutiese Openbaregesondheidsorgbestuur.

MUSA Research Subprogrammes


    Farmakowaaksaamheid, ook bekend as geneesmiddelveiligheid, is gemoeid met pasiëntveiligheid en die doeltreffendheid van terapeutiese geneesmiddels, biologiese middels, of toestelle, en handel oor die monitering van enige nadelige effekte wat dit kan meebring.